Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 25 November 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die 2025 Stadsnatuur-uitdaging nooi mense wêreldwyd uit om hulle stedelike bioverskeidenheid op te teken wat wetenskaplikes help om die huidige veranderings in ekostelsels na te spoor en te verstaan. Deelnemers kan deur die iNaturalist App foto’s plaas van plante wat wild groei, diere of swamme. Die versameling foto’s sal waardevolle data tot bioverskeidenheids-navorsing en bewaring bydra. Deelnemers word aangemoedig om hulle omgewing in ag te neem wanneer hulle natuurlewe ondersoek en dit dokumenteer.
# Noorweë se minister van Internasionale Ontwikkeling, Anne Beathe Tvinnereim, waarsku die wêreld sal oor tien jaar nie die volume plastiek afval kan hanteer nie, indien lande nie instem om vervaardiging te beperk nie. Die finale ronde van die Verenigde Nasies se samesprekings oor die eerste globale verdrag om plastiek afval te verminder begin dié week in Busan, Suid-Korea. Die gebruik van plastiek kan wêreldwyd verdriedubbel teen 2060. Tvinnereim, wat ook die medevoorsitter is van ‘n koalisie van 60 lande wat druk uitoefen vir ‘n sterk globale plastiek verdrag, sê die wêreld het meer hergebruik en afvalbestuur nodig.
# En ten slotte: Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê die COP29-klimaat-finansieringsooreenkoms bring die wêreld ‘n stap nader aan die bereiking van sy klimaatsdoelwitte. Lande het ingestem tot ‘n teiken vir lande wat besoedel om 5,4-duisend-miljard-rand teen die jaar 2035 in te samel, om armer lande te help om klimaatsverandering te bekamp en daarby aan te pas. Die ooreenkoms is op die COP29-spitsberaad in Bakoe, Azerbeijan, bereik. Die Britse minister van Energie, Ed Miliband, sê die ooreenkoms is ‘n reuse-geleentheid vir die Britse sakesektor om in ander markte te belê.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….