Nuus 13:00
BULLETIN 23 November 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Cyril Ramaphosa vier kleinsake en koöperasies
# Minister Motsoaledi maan besparingsmaatreëls kan die instelling van die NGV raak
# En, rugby: Andy Farrell ontken Johnny Sexton se teenwoordigheid in die Ierse kamp plaas druk op sy opvolgers
# President Cyril Ramaphosa loof mikro-, klein- en mediumondernemings en koöperasies vir hulle belangrike rol in ekonomiese groei. Hy het op die toekennings vir die sektor entrepreneurs geprys as die aanvuurders van innovering en transformasie en hulle uitwerking op die ekononie benadruk. Ramaphosa moedig pogings aan om entrepreneurskap te verdubbel om werkskepping ‘n hupstoot te gee en volhoubare ekonomiese groei te verseker:
# Die minister van Gesondheid waarsku regeringsbesparingsmaatreëls kan die instelling van die Nasionale Gesondheidsversekering vertraag. Hy het aan die Nasionale Raad van Provinsies gesê die beperkings raak alle staatsprogramme, waaronder universele gesondheidsorg. Motsoaledi het egter aansprake verwerp van onvermydelike belastingsverhogings om die NGV te befonds, en sê sulke praatjies wil die projek ondermyn. Hy beklemtoon NGV-befondsing sal jaarlikse parlementêre toewysigings volg kragtens die nuut-ondertekende Wet op Gesondheidsversekering.
# City Power sê net 600 voorafbetaalde meters is nog nie omgeskakel nie, met Sondag se skyfie-uitkenningspertyd wat op hande is. Meer as 99-persent van die meters is opgegradeer, met uitdagings in Alexandra weens onwilligheid onder klante. Die tydelike opskorting van boetes, wat wissel van 14-duisend- tot 30-duisend-rand het vrywillige voldoening aangemoedig. Die woordvoerder Isaac Mangena moedig klante aan om dadelik op te gradeer om afsnyding en swaar boetes van Maandag af te keer:
# Die Suid-Afrikaanse Sionistiese Federasie veroordeel die Internasionale Strafhof se lasbriewe vir die inhegtenisneming van die eerste minister van Israel Benjamin Netanyahu en die voormalige minister van Verdediging Yoav Gallant. Die woordvoerder Rolene Marks beskryf die stap as ongegrond en polities gemotiveerd. Marks wys op foute oor jurisdiksie en sê Israel is nie ‘n lidstaat van die Strafhof nie. Sy sê ook die stap is ‘n verbreking van die soewereine reg tot selfverdediging en die ondermyning van internasionale reg, en kritiseer die hof omdat hy Israel se selfverdediging as terreurdade beskryf.
# En rugby: Ierland se hoofafrigter, Andy Farrell, het bewerings verwerp dat die gewese losskakel, Johnny Sexton, se teenwoordigheid as konsultant in die nasionale opset druk plaas op sy opvolgers. Sexton het sy toetsloopbaan afgesluit na verlede jaar se Wêreldbekertoernooi en help tans die spelers met hulle skopwerk, en as mentor. Jack Crowley, Ciaran Frawley en Sam Prendengast ding mee om die nommer tien-trui. Farrell sê hy hoop Sexton sal aanbly vir vroeg volgende jaar se Sesnasiesreeks.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….