Nuus 09:00
BULLETIN 21 November 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Good-party sê die daling in inflasie bied welkome verligting
# Die Parlement se polisiekomitee is bekommerd oor die SAPD
# En die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap is bekommerd oor Mosambiek
# Die GOOD-party verwelkom die vermindering in inflasie en sê dit bring bietjie verligting vir almal in die land. Verbruikersinflasie het in Oktober tot 2,8-persent gedaal, die laagste vlak sedert Junie 2020. Dit is ‘n aansienlike daling van die 3,8-persent in September wat hoofsaaklik gedryf is deur ‘n skerp maand-tot-maand daling in brandstofpryse. Die GOOD-party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die land se inwoners benodig dringend ‘n ekonomie wat langtermyn werksgeleenthede skep en die hoë vlakke van ongelykheid en armoede op ‘n betekenisvolle wyse aanpak:
# Die Parlement se portefeuljekomitee oor die Polisie is bekommerd oor die Suid-Afrikaanse Polisiediens se werwings- en behoudstrategie en die stadige pogings om infrastruktuurkwessies by polisiestasies te verbeter. Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, en die SAPD se leierskap het die komitee gister ingelig waar hulle onthul het, dat meer as vyf-duisend-300 polisiebeamptes jaarliks die diens verlaat. Die komiteevoorsitter, Ian Cameron, sê om genoeg stewels op die grond te hê en ander hulpbronne om die land se misdaadtendense die hoof te bied, is noodsaaklik.
# ActionSA in Gauteng se Jeugforum eis deursigtigheid en aanspreeklikheid van munisipaliteite wanneer hulle permitte uitreik aan spazawinkel-eienaars en verkopers wat in opdrag van president Cyril Ramaphosa hulle ondernemings binne 21 dae moet registreer. Die doel is om die dodelike uitbreking van voedseloordraagbare siektes te bekamp. ActionSA se woordvoerder, Mologadi Modiba, sê alle aansoeke moet openbaar gemaak word:
# Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het kommer uitgespreek oor die geweld ná Mosambiek se verkiesing. Betogings het verlede maand in die hoofstad, Maputo, uitgebreek nadat Daniel Chapo amptelik as wenner verklaar is. Opposisie-leier Venâncio Mondlane skuil reeds vóór die uitslag aangekondig is omdat hy vir sy lewe vrees. Sy assistent en prokureur is vermoor terwyl hulle gereed gemaak het om die verkiesingsuitslag uit te daag. ‘n SAOG-woordvoerder, Elias Magosi, sê hulle sal saam met Mosambiek werk om vrede en sekerheid te bewerkstellig:
# Tennis: Italië het hulle vyfde Billie Jean King-beker-titel ingepalm en die eerste een 2013, deur die 2002-kampioene, Slowakye, met twee-nul in Malaga, Spanje te klop. Lucia Bronzetti van die Italiaanse span het Viktoria Hruncakova in die openingswedstryd van die eindkragmeting geklop. Die wêreld se nommer vier, Jasmine Paolini het Italië se oorwinning beklink na sy Rebecca Sramkova verslaan het. Paolini, wat ‘n uitstekende 2024-seisoen agter die rug het, sê om die trofee te kon inpalm , is ongelooflik:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-10-sent teen die dollar, 19-rand-10-sent teen die euro en 22-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-633-dollar-5-sent. Die prys van goud is twee-duisend-657-dollar-23-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-75-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….