Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 21 November 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig Suid-Afrika se grootste geldbestuurder, Ninety One is gereed om sy markleiersposisie te verstewig met ‘n voorgestelde verkryging van Sanlam Investment Management. Die uitvoerende hoof van Ninety One, Hendrik du Toit sê die owerhede moet die transaksie beskou as die groep wat herbelê in die land.
GAUTENG:
# Beeld:
Berig Natasha Beyers is onskuldig bevind aan die moord op Arthur Dobson. Die Streekhof in Pretoria-Noord het bevind sy het uit noodweer opgetree.
Dan skryf die koerant oor Letitia van der Walt wat ná twee jaar die diens van die omstrede diamanthandelaar, Louis Liebenberg verlaat. Sy sê sy en ander werknemers voel verkul.
En laastens is daar ‘n fotobeeld van ‘n eekhoring wat ‘n geelslang aanvat in die Kgalagadi-oorgrenspark.
# The Star & Pretoria News:
Skryf die Gautengse premier, Panyaza Lesufi sê geen spazalisensies mag aan buitelanders uitgereik word nie.
En tweedens word berig oor ‘n ondersoek wat dui op Suid-Afrikaanse mans wat slagoffers is van mishandeling.
# Sowetan:
Berig die bekende sakeleier, Leeroy Sidambe word beskuldig dat sy maatskappy nie die pensioen- en ander bydraes van personeel oorbetaal het nie.
# En The Citizen:
Skryf volgens ekonome moet die terugkoopkoers nou met ten minste 50 punte gesny word.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Berig die proses van herstel is in Ficksburg begin nadat die skrikbewind deur Kleinjan le Grange en Rudi Gericke gestop is met hul skuldigbevinding en tronkstraf.
En tweedens skryf die koerant ook oor die eekhoring en geelslang.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig ‘n derde leerder van die Paarl het onder ‘n bus se wiele beland. Die 19-jarige Musa Malanga is dood toe hy probeer het om op te klim terwyl die bus beweeg en hy geval het.
En tweedens skryf die koerant die 57-jarige Alison Botha is terug in die hospitaal nadat sy ‘n terugslag beleef het. Botha het vroeër ‘n brein-aneurisme gehad.
# En Cape Times:
Skryf oor ‘n mensehandelslagoffer wat op 16 reeds ontvoer is en oorleef het.
En tweedens word berig daar is nagenoeg 18-duisend buitelanders in Suid-Afrikaanse tronke.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig Eskom is tydens ‘n verhoor van die Nasionale Energiereguleerder in Gqeberha meegedeel dat hy nie kans staan om sy tarief te verhoog terwyl munisipaliteite 90-miljard-rand aan die kragvoorsiener skuld nie.
En tweedens skryf die koerant oor die verdrinking van die sesjarige Lorenzo Marais en agtjarige Miquel Baartman in die Willowdam, in Kariega.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf KwaZulu-Natal se misdaadvoorkomingsplan word in heroorweging geneem.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig die kantoor van die eerste minister en die gesondheidsministerie het tot Maandag om te reageer op die ultimatum van leerlingdokters wat breekpunt bereik het nadat hulle toelaes tot twee-duisend-200-rand per maand verlaag is.
En tweedens word berig die ministerie van Verdediging ontken dit het agt-miljoen-rand vir ‘n enkele voertuigonderdeel betaal.