Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 20 November 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Binnelandse Sake dank 18 amptenare af weens bedrog, korrupsie en teistering
# Rusland sê die Biden-administrasie rek die oorlog in Oekraïne uit
# En, sokker: Engeland se waarnemende afrigter glo hulle kan die volgende Wêreldbekertoernooi wen
# Die Departement van Binnelandse Sake het 18 amptenare afgedank vir verskeie oortredings, insluitend bedrog, korrupsie en seksuele teistering. Hierdie amptenare was betrokke by kwessies soos die toekenning van vals identiteitsdokumente, onwettige huweliksregistrasies en onbehoorlike visumgoedkeurings. Vier ander het waarskuwings ontvang. Minister Leon Schreiber sê hierdie optrede weerspieël die departement se voortdurende onderdrukking van korrupsie, en strafregtelike klagtes sal volg waar nodig:
# Noordwes se portefeuljekomitee vir Gemeenskapsveiligheid en Vervoerbestuur is bekommerd oor onlangse onwettige mynbedrywighede en onwettige mynwerkers wat steeds ondergronds bly in Stilfontein. Die komitee se voorsitter, Freddy Sonakile, doen ‘n beroep vir deeglike nabetragting oor die ingewortelde kwessies wat bydra tot onwettige mynbou in die land. Hy sê dit moet die identifisering en die uitwissing insluit van misdaadsindikate en grootkoppe wat aan die hoof van onwettige mynbedrywighede is:
# Die MK-party het planne aangekondig om sy eerste bestaansjaar te vier met ‘n groot openbare saamtrek op die Moses Mabhida-stadion in Durban op 15 Desember. Party-leier Jacob Zuma sal ‘n toespraak lewer. Die party se hoofkwartier in Johannesburg gaan teen die einde van hierdie maand oopmaak en die Durbanse kantoor teen volgende maand. Die party se sekretaris-generaal, Floyd Shivambu, het op ‘n nuuskonferensie gesê ‘n gala-dinee sal op 16 Desember gehou word:
# Rusland beskuldig Amerika dat hy die oorlog in Oekraïne uitrek deur meer wapens aan Kiëf te verskaf voor Donald Trump by die Withuis intrek. Amerika gaan binnekort teenpersoneel-landmyne verskaf om sy verdediging op te skerp. Dit is die jongste vermeerdering van militêre voorrade wat president Joe Biden se administrasie aangekondig het na Trump se verkiesingsoorwinning. Trump was gedurende sy verkiesingsveldtog krities oor Amerikaanse steun vir Oekraïne en het beweer hy sou binne slegs ure ‘n wapenstilstand beding.
# Sokker: Engeland se waarnemende hoofafrigter, Lee Carsley, sê Thomas Tuchel neem ‘n span oor wat alles het om die volgende Wêreldbekertoernooi te wen. Die Duitser neem op 1 Januarie oor nadat hy ‘n kontrak van 18-maande geteken het. Hy vervang Gareth Southgate, wat in Julie bedank het. Carsley glo Engeland het die talent om die eerste keer sedert 1966 tot kampioen gekroon te word wanneer die toernooi in 2026 in Kanada, Amerika en Mexiko plaasvind. Hy sê hy laat die span in ‘n fantastiese toestand agter.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-12-sent teen die dollar, 19-rand-13-sent teen die euro en 22-rand-95-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 94-duisend-304-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-634-dollar-46-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 73-dollar-49-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….