Nuus 06:00
BULLETIN 20 November 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA is gekant teen die Wetsontwerp op Staatsondernemings
# Die Departement van Basiese Onderwys mag nie die matriekuitslae uitgee nie
# En rugby: Die Springbokke is vasbeslote om die jaar op ‘n positiewe noot af te sluit
# Die DA het gevra dat die Wetsontwerp op Staatsondernemings teruggetrek word en waarsku dit kan die terugkeer van staatskaping veroorsaak. Die woordvoerder, Darren Bergman, het die ANC se poging om SOE’s onder ‘n enkele beheermaatskappy te sentraliseer, gekritiseer en dit omslagtig en riskant genoem. Hy beklemtoon die DA ondersteun desentralisering, verhoogde toesig en deelname van die privaat sektor om doeltreffendheid en volhoubaarheid te verseker:
# Die Inligtingsreguleerder het die Departement van Basiese Onderwys verbied om vanjaar se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamenuitslae op openbare forums, insluitend koerante, uit te gee. Die reguleerder het bevind die departement het in 2023 versuim om die toestemming van leerders wat die eksamen afgelê het of hul ouers te verkry om matriekuitslae uit te gee. Die reguleerder sê daar bestaan geen wetlike regverdiging vir die departement om voort te gaan om matriekuitslae uit te gee nie.
# Die Gautengse regering het streng regulasies uiteengesit vir buitelandse burgers wat ‘n spazawinkel wil bedryf. Die LUR vir Finansies, Lebogang Maile, het ‘n geldige permit van Binnelandse Sake en die nakoming van arbeidswette beklemtoon. Die maatreëls het ten doel om wettige bedrywighede te verseker en regulasies in die township-ekonomie te verbeter. Maile het plaaslike inwoners gewaarsku teen die registrasie van ondernemings vir buitelandse burgers en beklemtoon die behoefte aan voldoeningsdata wat akkuraat is:
# Die Hooggeregshof in Pretoria het die regstryd oor die dooiepunt tussen die polisie en onwettige mynwerkers by die verlate Stilfontein-myn, in Noordwes, tot môre uitgestel. The Society for the Protection of Our Constitution vra die hof om die blokkade van die polisie te beëindig en die mynwerkers se veiligheid te verseker. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, hou vol mynwerkers is nie ondergronds vasgekeer nie, maar vermy arrestasie:
# Die president van Rusland se sentrale bank, Elvira Nabiullina, sê die land sukkel om chroniese inflasie te vermy. Pryse het vinnig verhoog sedert die land sy militêre aanval op Oekraïne van stapel gestuur het, weens die reuse-bedrae wat Moskou aan die veldtog bestee. Inflasie was in Oktober op ‘n jaarkoers van 8,5-persent, meer as dubbel die staat se amptelike teiken van vier-persent. Die bank het rentekoerse tot 21-persent verhoog, die hoogste in meer as twee dekades, in ‘n poging om die tempo van prysstygings te verlaag.
# Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle is vasbeslote om die jaar op ‘n positiewe noot af te sluit wanneer hulle Saterdag in Cardiff teen Wallis te staan kom. Hy het sewe veranderinge aangebring aan die span wat Engeland geklop het, met Jaden en Jordan Hendrikse as die 36ste stel Springbok-broers, wat as skakelpaar uitdraf. Cameron Hanekom gaan die 12de Bok word wat sy toetsbuiging hierdie seisoen maak. Erasmus sê die span is ‘n goeie mengsel van ervaring en jeug, wat van kardinale belang is om konsekwentheid in keuses te handhaaf.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-3-sent teen die dollar, 19-rand-11-sent teen die euro en 22-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 92-duisend-137-dollar-30-sent. Die prys van goud is twee-duisend-634-dollar per fynons en die prys van Brent ruolie 73-dollar-35-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….