Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 19 November 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Christen-forum sê die regering se spaza-winkel-ingryping is eerder ‘n hindernis as ‘n oplossing
# Die DA in Gauteng sê leerders word blootgestel aan seksoortreders
# En tennis: Rafael Nadal gaan fokus op ‘n oorwinning vir Spanje in die Davisbeker-eindtoernooi en nie op sy naderende uittrede nie
# Die South African National Christen Forum is teleurgesteld dat die regering ‘n gulde geleentheid verspeel het om pro-aktiewe leierskap ten toon te stel in die hantering van die rits gevalle van voedselvergiftiging. Die organisasie se president, Marothi Mashashane, sê munisipaliteite se vereistes vir registrasie kom neer op hindernisse om die township-ekonomie in die geheel te versmoor. Volgens hom is daar geen wetenskaplike bewys voedselvergiftiging kom slegs uit spaza-winkels nie:
# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens moedig belastingbetalers aan om seker te maak hulle gebruik die regte identiteits- en belastingnommer wanneer hulle aansoek doen om belastingvoorskrifte onder die tweepot-pensioenstelsel. Die Ontvanger het sedert die instelling van die stelsel een-miljoen-914-duisend-306 voorskrifte uitgereik, ter waarde van amper 50-miljard-rand. Die kommissaris, Edward Kieswetter, moedig die gebruik aan van digitale platforms, soos die WhatsApp-berekenaar en wedbladhulpmiddels, om die proses te bespoedig en vertragings te vermy. Belastingbetalers word aanbeveel om aan voorskrifte te voldoen om misdadigheid te voorkom.
# Die DA in Gauteng sê dis ontstellend dat leerders in die provinsie binne hulle skoolomgewings blootgestel word aan seksoortreders en jagters. Die provinsiale Onderwysdepartement het onthul slegs agt-duisend-782 van die 86-duisend-367 werknemers in staatskole is nagegaan op die Nasionale Register vir Seksoortredings. Michael Waters van die DA sê nege van hulle is uitgeken as veroordeelde seksoortreders:
# Tennis: Die Spaanse meester Rafael Nadal sê die Davisbeker-eindtoernooi gaan daaroor om sy land te help wen, en nie oor sy naderende uittrede nie. Die 38-jarige 22-malige Grand Slam-kampioen gaan sy roemryke loopbaan afsluit na die toernooi, wat vandag in Málaga in sy vaderland begin. Nadal sal dalk net dubbels speel as dit Spanje ‘n beter kans gaan gee om die titel die sewende keer te beklink. Die kwarteindstryde maak Donderdag klaar, gevolg deur die halfeindstryde op Vrydag en Saterdag en die eindstryd Sondag.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-4-sent teen die dollar, 19-rand-7-sent teen die euro en 22-rand-83-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 91-duisend-946-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-619-dollar-95-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-62-sent per vat.
# En ten slotte: Die behoefte aan aangepaste beleid en regulatoriese raamwerk was nog nooit meer dringend nie omdat kunsmatige intelligensie-tegnologie vinnig ontwikkel. So sê ‘n professor aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie, Topside Mathonsi. KI bring revolusionêre veranderings mee in sektore in Afrika, soos gesondheidsorg, landbou, finansies en onderwys. Mathonsi sê die vinnige vooruitgang van KI eis ‘n eenvormige benadering om te verseker dit word eties en verantwoordelik ontplooi, gefokus op die beskerming van sensitiewe data.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….