Nuus 13:00
BULLETIN 17 November 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa lei die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die G20-spitsberaad in Brasilië
# Die regering moedig Suid-Afrikaners aan om onwettige vuurwapens by polisie aan te meld
# En rugby: Frankryk veg terug en steek die All Blacks die loef af in ‘n riller in Parys
# President Cyril Ramaphosa lei van môre tot Dinsdag ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging by die Groep van Twintig-leiersspitsberaad in Rio de Janeiro in Brasilië. Die spitsberaad se tema is “Building a Just World and a Sustainable Planet”. Ramaphosa neem vandag deel aan die bekendstelling van die veldtog Leveraging the Potential of Renewables – The Road to Johannesburg. Die presidentskap van die G20 word amptelik aan Suid-Afrika in Rio oorhandig. Die land sal van volgende maand af die konsolidering voortsit van die inisiatiewe van sy globale suide-voorgangers onder die slagspreuk Solidariteit, Gelykheid en Volhoubaarheid.
# Die regering sê onwettige vuurwapens hou ‘n gevaar in vir gemeenskappe, en moedig alle Suid-Afrikaners aan om sulke wapens by die polisie aan te meld. Jessica Mahlangu van die Regeringskommunikasie- en -inligtingstelsel sê enige ongelisensieerde vuurwapen word as onwettig beskou kragtens die Wet op Vuurwapenbeheer. Mahlangu sê burgers wat onwettige vuurwapens besit moet dit onmiddellik inhandig om misdaad te voorkom en lewens te red:
# Die Universiteit van Pretoria sê afpersingsmisdade het ‘n aansienlike houvas in Suid-Afrika gekry en endemiese vlakke bereik. Noluthando Buthelezi van die universiteit sê Suid-Afrika beleef ‘n toename in georganiseerde groepe wat kleiner ekonomiese sektore teiken soos kleinsakeondernemings in buitelanders se besit, die taxibedryf, skole, sekere privaat besighede en die boubedryf:
# Rugby: Die losskakel Thomas Ramos het gisteraand in Parys gesorg vir 15 punte met sy skopskoen en Frankryk gehelp om Nieu-Seeland met 30-29 in ‘n rillertoets te klop. Romain Buros, Paul Boudehent en Louis Bielle-Biarrey was die driedrukkers vir die gashere, wat seker gemaak het van ‘n derde agtereenvolgende oorwinning oor die All Blacks nadat hulle na ‘n halfuur 14-3 agter was. Die kaptein van Frankryk Antoine Dupont het na die tyd gesê om ‘n groot span te klop, gee mens altyd selfvertroue. Die All Blacks was rustyd 17-10 voor. In vandag se toetse pak Italië vir Georgië en Wallis kom teen Austalië te staan.
# En, die DA sê hy steun die stappe deur die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, teen geblikte leeujag en die handel in leeubene in die land. Andrew de Blocq van Scheltinga van die DA sê die teel van leeus bevoordeel die tweelingbedrywe van geblikte leeujag en handeldryf met leeubene. Hy sê beide bedrywe het te doen met ernstige etiese en reguleringskwessies:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….