Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 15 November 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Gewese munisipale finansiële hoof se borgtog word teruggetrek na hy versuim om voor te kom oor die VBS Bank-skandaal
# Krieket: Die Proteas en Indië meet kragte in die laaste T20 op die Wanderers
# En, die NSRI bepleit versigtigheid tydens springgety die naweek
# Borgtog van 50-duisend-rand is teruggetrek vir die voormalige finansiële hoof van Fetakgomo-Groter Tubatse Plaaslike Munisipaliteit, in Limpopo, Tumelo Ratau. Hy het homself Maandag oorgegee nadat versuim hy het om verlede week in die Hooggeregshof in Pretoria te verskyn. Ratau is van korrupsie aangekla omdat hy ‘n belegging van 230-miljoen-rand in VBS Mutual Bank goedgekeur het, wat nooit terugbetaal is nie. Sy medebeskuldigde, die voormalige munisipale bestuurder, Nkhono Jimmy Mohlala, het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan en is ‘n opgeskorte vonnis van vyf jaar en ‘n boete van 100-duisend-rand opgelê.
# Die DA in Limpopo doen ‘n beroep op die LUR vir Onderwys, Mavhungu Lerule-Ramakhanya, om dringend aandag te gee aan onveilige kombuise in skole. Dit volg ná ‘n moontlike voedselvergiftigings-geval by Dzumeri Primary in Giyani. Tientalle leerders is in die hospitaal opgeneem ná ‘n skoolvoedingsprogram-maaltyd. Die Departement van Arbeid se 2023/24-verslag het bevind 100-persent van die skoolkombuise wat getoets is, is nie veilig nie. Die DA-lid, Jacques Smalle doen ‘n beroep vir onmiddellike optrede:
# Meer as 1,3-miljoen inwoners van Gauteng wag steeds vir voldoende behuising nadat 45 projekte van die provinsiale Departement van Menslike Nedersettings tot stilstand gekom het. Hierdie projekte, wat tot 2008 terugdateer, ly weens ‘n gebrek aan vordering, swak kontrakteursprestasie en ‘n gebrek aan regsdokumente na afloop van ‘n brand. Die DA het ‘n forensiese oudit en ‘n projekherstelplan gevra en verwys na die behoefte aan doeltreffende oplossings vir Gauteng se verwaarloosde behuisingsvereistes.
# Krieket: Suid-Afrika en Indië meet kragte in die vierde en laaste T20 op die Wanderers in Johannesburg. Die besoekers loop 2-1 voor in die reeks nadat hulle die eerste kragmeting in Durban en die derde in Centurion gewen het, terwyl die gashere die botoon gevoer het in die tweede wedstryd in Gqeberha. Na die reeks speel die Proteas twee toetse tuis teen Sri Lanka voor hulle Pakistan ook tuis aandurf in drie T20’s, drie eendagwedstryde en twee toetse. Indië vertrek na Australië vir ‘n reeks van vyf toetse.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-16-sent teen die dollar, 19-rand-22-sent teen die euro en 23-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 89-duisend-856-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-574-dollar-46-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-17-sent per vat.
# En ten slotte: Die Nasionale Seereddingsinstituut bepleit versigtigheid met die volmaan-springgety wat vandag sy hoogtepunt bereik. Dit kan lei tot sterker seestrome en hou gevare in vir swemmers, seevaarders, roeiers en hengelaars. Die instituut waarsku dat kus-staproetes tydens hoogwater afgesny kan word, en die golwe kan sekere hengelplekke verswelg. Die NSRI se woordvoerder, Craig Lambinon, het ook binnelandse watergebruikers aangeraai om versigtig te wees:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….