Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 14 November 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Tesourie stel ‘n minimum-alkoholprys en veranderinge in die aksynsreëls voor
# krieket: Engelse bouler beboet omdat hy ‘n stoel bydam na hy beseer is
# En die Amerikaanse akteur John Krasinski is Time se sexyste man van 2024
# Die Tesourie stel ‘n minimumprys vir alkoholiese drank en veranderinge aan die belastingraamwerk vir aksyns voor. Volgens die nuwe reëls sal daar aanpassings wees in die aksynstariefkoers, na gelang van verwagte inflasie en bepaalde belastingsgrense vir wyn en bier, volgens die alkoholinhoud. Die Tesourie sê hierdie voorstelle sal die gebruik van alkohol en verwante skade beperk, ooreenkomstig die aanbevelings van die Wêreldgesondheidsorganisasie. Openbare kommentaar kan tot 13 Desember ingedien word.
Die Tesourie het ook ‘n besprekingsdokument oor koolstofbelasting uitgegee vir openbare kommentaar. Die dokument sluit voorgestelde wysigings in aan die basiese belastingvrye toelaag, koolstofvergoeding, die elektrisiteitsheffing, die hernubare energiepremie, en die belastingaansporing vir energiedoeltreffendheid. Suid-Afrika het hom onder die Paryse Ooreenkoms verbind om koolstofvrystellings volgende jaar in die meetgebied van 398-miljoen tot 510-miljoen ton per jaar te verminder, en die net-zero-vlak teen 2050 te bereik. Die Tesourie sê koolstofbelasting is ʼn integrale deel van die beleidsmaatreëls wat klimaatsverandering hanteer.
# ATM sê hy is ontsteld oor intelligensie-agentskappe in die land se gebrek aan optrede te midde van ‘n krisis waarin kinders sterf. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê dis onaanvaarbaar dat die mense wat verantwoordelik is vir die veiligheid en gesondheid van die land se inwoners, niks doen om te keer dat voedsel wat reeds verval het en met gifstowwe besmet is, aan mense verkoop word nie:
# Krieket: Die Engelse snelbouler Reece Topley is beboet met 15-persent van sy wedstrydfooi vir Saterdag se eerste T20 teen die Windies. Hy het sy frustrasie uitgehaal op ‘n stoel op die pawiljoen op die Kensington-ovaal in Bridgetown nadat hy die veld met ‘n besering moes verlaat. Die Internasionale Krieketraad het bevind Topley het die gedragskode verbreek rakende die misbruik van toerusting. Hy het ook ‘n strafpunt gekry. Engeland het die eerste twee kragmetings in die reeks van vyf wedstryde gewen.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-28-sent teen die dollar, 19-rand-25-sent teen die euro en 23-rand-15-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 90-duisend-566-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-554-dollar-82-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-82-sent per vat.
# En ten slotte: Die Hollywood-akteur, skrywer en regisseur John Krasinski is aangewys as die tydskrif People se sexyste man wat leef vir 2024. Hy neem die mantel oor by Patrick Dempsey. Mel Gibson was 40-jaar gelede die eerste draer van die titel. Ander ontvangers sluit in Brad Pitt, George Clooney, John F Kennedy Junior, David Beckham, Michael B Jordan en Pierce Brosnan. Krasinski het aan die tydskrif vertel hy kon dit nie glo toe hy die nuus verneem nie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….