Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 14 November 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Julius Malema sê niemand sal die bestaan van die EFF bedreig nie
# Giwusa eis die redding van meer as vier-duisend vasgekeerde onwettige mynwerkers in Noordwes
# En Amerikaanse inflasie neig hoër en bemoeilik planne om rentekoerse te sny
# Die EFF-leier, Julius Malema sê hy is nie geïntimideer of bang vir die voormalige president en MK-partyleier, Jacob Zuma, nie en hy voeg by hy is gereed om te veg. Dit volg na die uittog van vooraanstaande EFF-lede na die MK-party, insluitend die party se gewese adjunk-president, Floyd Shivambu. Malema sê in ‘n party-potgooi daar is geen manier waarop enigiemand die bestaan van die EFF sal bedreig en dan ‘n vriend word nie:
# Die vakbond Giwusa eis die onmiddellike redding van onwettige mynwerkers wat ondergronds vasgekeer is in ‘n ongebruikte goudmyn in Stilfontein, Noordwes. Volgens die polisie is sowat vier-duisend-500 onwettige mynwerkers en verskeie liggame steeds ondergronds. Giwusa se woordvoerder, Koketso Phasha, sê hulle erken zama-zama’s is ‘n ernstige probleem in die land se mynbousektor:
# Amerikaanse verbruikersinflasie het verlede maand hoёr geneig weens ‘n styging in behuisingskoste, wat die Amerikaanse Federale Reserweraad se planne bemoeilik om rentekoerse te verlaag. Die verbruikersprysaanwyser het in Oktober tot 2,6-persent gestyg vanaf 2,4-persent in September. Die styging is ‘n stok in die wiel vir die Federale Reserwe, wat onlangs begin het om rentekoerse te verlaag na aanleiding van die daling in inflasie wat verlede week met ‘n bykomende kwart-persentasiepunt gesny is.
# Gholf: Rory McIlroy sê hy beskou steeds die seisoen as ‘n sukses hoewel hy nie daarin kon slaag om sy dekade-lange droogte van major-toernooie te breek nie. Die viermalige wenner van major-toernooie van Noord-Ierland slaan vandag in Dubai af in die laaste byeenkoms van die DP World-toerseisoen. McIlroy, wat vanjaar drie toernooie gewen het, sê hy het dalk nie al sy doelwitte vir 2024 bereik nie, maar is steeds tevrede met sy spel in die algemeen:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-23-sent teen die dollar, 19-rand-24-sent teen die euro en 23-rand-13-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 91-duisend-435-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-558-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-4-sent per vat.
# Ten slotte: Die Magic Circle in Brittanje vra hulp om ʼn vrou op te spoor wat meer as drie dekades gelede uitgeskop is omdat sy haarself as ‘n man voorgedoen het om tot die toorkunsvereniging toegelaat te word. Die organisasie het in daardie stadium net mans toegelaat. Hulle wil Sophie Lloyd nou om verskoning vra nadat sy in 1991 uitgeskop is. Lloyd is egter skoonveld. Sy was 18 maande lank Raymond Lloyd maar het gebieg toe die organisasie vanaf 1991 vroue toelaat. Lede was kwaad oor haar bedrog en het haar uitgeskop.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….