Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 11 November 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Ramokgopa versoek dringende optrede om die verergering van Johannesburg se energiekrisis te voorkom
# Krieket: ‘n Spesiale bederf vir aanhangers van Durban’s Super Giants in die SA20
# En, Amerikaanse internetsoektogte oor emigrasie styg na Trump se verkiesingsoorwinning
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, het ‘n beroep gedoen vir dringende optrede om Johannesburg se groeiende energiekrisis en finansiële kwessies aan te pak. Ramokgopa het in gesprekke met die burgemeester, Dada Morero, probleme uitgelig, soos dalende munisipale inkomste, Eskom se skuld van 6,3-miljard-rand, en rekening-geskille tussen City Power en Eskom. Ramokgopa het tydens ‘n nuuskonferensie gesê dit is uiters belangrik om hierdie kwessies van binne af op te los voor regstappe gedoen word:
Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei, sê intussen Eskom se dreigement om krag in Johannesburg te sny, is onwettig. Eskom het ’n kennisgewing uitgereik na aanleiding van die stad se agterstallige skuld van 4,9-miljard-rand. Die stad veroordeel hierdie beweerde oorfakturering en oorweeg regstappe. Volgens Sebei kan dit tot ekonomiese spanning lei:
# Business Leadership South Africa het die minister van Vervoer, Barbara Creecy, geloof vir haar duidelike en amibisieuse plan om die logistieke sektor te hervorm. Die plan sluit in ‘n jaarlikse toename in spoorvrag tot 250-miljoen ton, die verbetering van hawebedrywighede en die bevordering van passasiers- en lugvragdienste. Die organisasie se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê Creecy se werk aan Transnet, PRASA se spoornetwerk, en lugvrag, is noodsaaklik vir ekonomiese groei en die verlagting van logistieke koste. Mavuso verwag hierdie pogings sal mededingendheid bevorder, werk skep en samewerking in die privaat sektor versterk.
# Krieket: Durban’s Super Giants het aanloklike aanbiedings gemaak vir mense wat kaartjies wil koop vir volgende jaar se SA20. Aanhangers word ‘n afslag van 25-persent aangebied wanneer hulle kaartjies koop vir al vyf tuiswedstryde op Kingsmead en sal 412-rand betaal in plaas van 110-rand per kaartjie. Daar is ook talle keuses vir losies en gasvryheidsgebiede. Die toernooi begin op 9 Januarie met die wedstryd tussen die verdedigende kampioen, Sunrisers Eastern Cape, en M-I Cape Town in Gqeberha. Die eindstryd is op 8 Februarie.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-86-sent teen die dollar, 19-rand-2-sent teen die euro en 23-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-294-dollar-30-sent. Die prys van goud is twee-duisend-656-dollar-65-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-53-sent per vat.
# En ten slotte: Internetsoektogte in Amerika oor verhuising na die buiteland het die hoogte ingeskiet toe dit duidelik begin word Donald Trump gaan na die Withuis terugkeer. Google se data toon Amerikaanse soektogte vir “verhuis na Kanada” het verlede week met een-duisend-270-persent gestyg binne 24-uur nadat die stembusse gesluit het. Volgens Sky News het soortgelyke navrae oor emigrasie na Australië met 820-persent gestyg terwyl 25-duisend Amerikaners onmiddellik na die verkiesingsuitslae die webwerf, Immigration New Zealand, besoek het. Dit volg op Trump se belofte gedurende sy veldtog oor die massa-deportasie van alle onwettige immigrante.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….