Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 11 November 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Activists and Citizens Forum sê Ramaphosa kon nie daarin slaag om voedselvergiftiging te stop nie
# ‘n Arbeidsregkenner sê die regering moet voedselveiligheidsmaatreëls verbeter
# En, rugby: Die Bokke verwag ‘n heeltemal ander soort toets teen Engeland nadat hulle oorwinning oor Skotland
# Die Activists and Citizens Forum wil hê president Cyril Ramaphosa moet onmiddellik bedank, aangesien hy nie met planne vorendag gekom het om voedselvergiftiging in die land te stop nie. In Gauteng is meer as 400 gevalle en 23 sterftes aangeteken. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê Ramaphosa en sy regering van nasionale eenheid moet volle verantwoordelikheid aanvaar vir die kinders wat gesterf het. Hy voeg by die toenemende situasie weerspieël ‘n breër kommer oor voedselveiligheid:
Die arbeidsregkenner Michael Bagraim vra die regering intussen om voedselveiligheidsmaatreëls in spaza-winkels te verbeter. Hy sê iets moet gedoen word aan hierdie groot deel van die gesondheid en -veiligheidsektor van die informele handel in Suid-Afrika:
# Die Departement van Vervoer en Basiese Onderwys werk saam aan maniere om veilige leerdervervoer te verseker. Die regering wil uiteindelik alle leerders dek met sy gesubsidieerde vervoerstelsel, soos bespreek is op ‘n onlangse voorlegging aan die Parlement se gekose komitee oor Onderwys, Wetenskap en die Skeppende Bedryf. Volgens die SABC gebruik 667-duisend leerders die Nasionale Leerdervervoerprogram, terwyl 2,8-miljoen staatmaak op privaat vervoer. Die voorsitter van die komitee, Makhi Feni, sê strategieë is nodig om iets te doen aan die huidige tekort aan vervoerbefondsing.
# Die Stad Kaapstad sê sy spoorlewensvatbaarheidstudie steun sy planne om beheer oor te neem oor die passasierspoordienste. Die studie, wat in 2022 begin het, stel drie eienaarskapmodelle voor vir die sukkelende Prasa-bestuurde passasierspoordiens. Die metro sê terwyl president Ramaphosa die proses vertraag om spoordienste af te wentel na Kaapstad, gaan hy voort met planne om oor te neem. Hy beraam die algehele koste van sy plan sal 123-miljard-rand bedra.
# Rugby: Die Springbokke verskuif vandag van Edinburgh na Londen na gisteraand se oorwinning oor Skotland op Murrayfield. Bok-afrigter Rassie Erasmus sê Saterdag se kragmeting met Engeland op Twickenham sal ‘n heeltemal ander toets wees want hulle speel teen ʼn desperate span na twee agtereenvolgende nederlae teen die All Blacks en die Wallabies in wedstryde wat hulle kon wen. Australië het Engeland sy vyfde nederlaag in ses toetse besorg, en Engeland het teruggesak tot die sewende plek op die jongste wêreldranglys – hulle swakste posisie in agt jaar.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-79-sent teen die dollar, 18-rand-97-sent teen die euro en 22-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-44-dollar-60-sent. Die prys van goud is twee-duisend-665-dollar-31-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-89-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….