Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 11 November 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA versoek die Tesourie en die Ouditeur-Generaal om City Power se skuld van 16-miljard-rand te ondersoek
# Rugby: Die Engelse vleuel Immanuel Feyi-Waboso is uit vir die kragmeting met die Springbokke
# En ‘n Gautengse ma word na 22-jaar herenig met die dogter wat sy laat aanneem het
# Die DA in Johannesburg versoek die Nasionale Tesourie en die Ouditeur-Generaal om City Power se skuld van 16-miljard-rand te ondersoek weens vermeende finansiële wanbestuur. Die party gee burgemeester Dada Morero die skuld omdat hy nie onverwyld opgetree het om die nutsmaatskappy se skuld aan Eskom op te los nie, wat moontlik stadswyd tot kragonderbrekings kan lei. DA-woordvoerder, Belinda Kayser-Echeozonjoku, sê inwoners en ondernemings moet nie verantwoordelik wees vir City Power se wanbestuur nie:
Die DA se woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, Jack Bloom, het intussen onthul die provinsiale Gesondheidsdepartement skuld 69 verskaffers 743-milljoen-rand, met ‘n deel daarvan wat ‘n jaar lank nie betaal is nie. Bloom kritiseer die departement se finansiële wanbestuur, en sê verskaffers wil nie dienste voortsit nie weens vertraagde betalings, wat ‘n uitwerking het op pasiëntesorg. Hy vra die leierskap moet ingrypend verander word en stel voor hulle neem die beste praktyke aan van die Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement.
# Die Departement van Vervoer en Basiese Onderwys werk saam aan maniere om veilige leerdervervoer te verseker. Die regering wil uiteindelik alle leerders dek met sy gesubsidieerde vervoerstelsel, soos bespreek is op ‘n onlangse voorlegging aan die Parlement se gekose komitee oor Onderwys, Wetenskap en die Skeppende Bedryf. Volgens die SABC gebruik 667-duisend leerders die Nasionale Leerdervervoerprogram, terwyl 2,8-miljoen staatmaak op privaat vervoer. Die voorsitter van die komitee, Makhi Feni, sê strategieë is nodig om iets te doen aan die huidige tekort aan vervoerbefondsing.
# Rugby: Die Engelse vleuel Immanuel Feyi-Waboso gaan Saterdag se kragmeting met Suid-Afrika op Twickenham weens ‘n kopbesering misloop. Hy het die besering opgedoen in Engeland se nederlaag met 42-37 teen Australië. Die flank Tom Curry kan ook nie speel nie en Ted Hill is opgeroep om in sy afwesigheid in die lostrio te speel, terwyl Tom Roebuck ingesluit is as ‘n alternatief vir Feyi-Waboso. Engeland het vyf van hulle vorige ses wedstryde verloor.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-73-sent teen die dollar, 18-rand-94-sent teen die euro en 22-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-815-dollar-5-sent. Die prys van goud is twee-duisend-672-dollar-36-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 73-dollar-1-sent per vat.
# En ten slotte: Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê hy kon die hereniging bewerkstellig van ‘n Gautengse ma en haar dogter wat 22 jaar gelede vir aanneming opgegee is. Die dogter bly saam met haar aanneemgesin in Nederland. Dit was Saterdag Wêreld-Aannemingsdag en die departement se woordvoerder, Bathembu Futshane, sê aanneming bied kinders die geleentheid om ʼn liefdevolle, bestendige tuiste te hê en dit kan lewens vir altyd verander:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….