Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 11 November 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA in Johannesburg gaan die gewese burgemeester na die Etiekkomitee verwys
# Sommige reservoirs in Tshwane se watervlakke toon ‘n verbetering
# En, rugby: Daar is groot skuiwe boaan die wêreldranglys na die naweek se toetse
# ActionSA in Johannesburg sê hy het besluit om ‘n mosie by die raad in te dien om raadslid Kabelo Gwamanda na die Etiekkomitee te verwys. Dit volg nadat Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, hom afgedank het as burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsotwikkeling. Gwamanda, die gewese burgemeester, word tans daarvan aangekla dat hy in 2011 ʼn bedrieglike begrafnisskema bedryf en inwoners van Soweto ingeloop het. ActionSA se woordvoerder, Khomo Mashala, sê Gwamanda moet ook van sy verantwoordelikhede as raadslid onthef word:
# Die Stad Tshwane sê die watervlakke van vier reservoirs wat geraak is deur die onlangse kragonderbrekings verbeter geleidelik. ‘n Kragfout by Rand Water se Palmiet-pompstasie verlede week het verskeie gebiede sonder water gelaat. Die metro se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê spanne werk om die lugproppe oop te maak en die watertoevoer te herstel na die gebiede wat geraak word, waaronder Laudium en Atteridgeville:
# Die Vrystaatse polisie sê verkeer op die N3 naby Harrismith vloei weer. Dit volg nadat vragmotorbestuurders die pad vroeër versper het. Die betoging volg weens toenemende spanning oor die aanstelling van buitelandse burgers in die vragmotorbedryf. ‘n Polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê die polisie se eenheid vir Openbare Orde het vroeg vanoggend aandag aan die saak gegee:
# Rugby: Die naweek se toetsuitslae het ‘n groot invloed gehad boaan die wêreldranglys. Suid-Afrika se terug as nommer een na gisteraand se oorwinning oor Skotland, met Nieu-Seeland nou tweede, gevolg deur Ierland, wat die boonste posisie moes prysgee nadat hulle teen die All Blacks verloor het. Frankryk bly vierde en Argentinië het opgeskuif na vyfde nadat hulle Italië geklop het, gevolg deur Skotland. Engeland het teruggesak na sewende na die nederlaag teen die Wallabies, wat opgeskuif het na agtste. Fiji is negende na hulle sege oor Wallis, en Italië tiende.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-65-sent teen die dollar, 18-rand-90-sent teen die euro en 22-rand-81-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-278-dollar-10-sent. Die prys van goud is twee-duisend-667-dollar-68-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 73-dollar-76-sent per vat.
# En ten slotte: Super/Man: The Christopher Reeve Story het al ses kategorieë gewen waarin hy op die Critics Choice– dokumentêre toekennings benoem is. Dit sluit in beste redigering en beste dokumentêre fliek, waar dit gelykop was met Will and Harper van Netflix. Sugarcane, wat vanjaar met agt die meeste benoemings ontvang het, het twee gewen: vir beste politieke dokumentêr en beste dokumentêr oor ware misdade. The Last of the Sea Women en Simone Biles Rising het ook twee toekennings elk gewen. Die beste geskiedkundige dokumentêr is The Greatest Night in Pop.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….