Nuus 09:00
BULLETIN 10 November 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Grensbestuursowerheid en SARS los die vrag-opeenhoping op met die heropening van die Lebombo-grenspos
# Die burgemeester van Johannesburg ontslaan Gwamanda en stel Tebogo Nkonkou aan in die Gemeenskapsontwikkelingsportefeulje
# En, rugby: Koorsige afwagting in Edinburgh vir die epiese botsing tussen Suid-Afrika en Skotland
# Die Grensbestuursowerheid en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het vragbedrywighede by die Lebombogrens hervat. Die opeenhoping van skeepsladings is opgelos nadat Mosambiek die verwerkingstelsels by Ressano Garcia herstel het. Die woordvoerder van Grensbestuur, Mmemme Mogotsi, sê kommissaris Michael Masiapato het bevestig die hawe werk weer volstoom. Reisigers word aangemoedig om op die hoogte te bly van ontwikkelings terwyl hulle en SARS seker maak van veilige, doeltreffend grensverwerking:
# Die burgemeester van Johannesburg Dada Morero het Kabelo Gwamanda ontslaan as lid van die burgemeesterskomitee vir Gemeenskapsontwikkeling na korrupsie-aanklagte teen hom. Morero het nou Tebogo Nkonkou in die pos aangestel. Die woordvoerder Chris Vondo beklemtoon Morero se toewyding tot die behoud van ononderbroke dienste vir inwoners, en het vertroue in Nkonkou se verbintenis tot verbetering vir die gemeenskap, bestendigheid en ‘n besliste fokus op dienslewering:
# Die minister van Menslike Nedersettings Mmamoloko Kubayi het haar besoek aan Egipte afgesluit, en Suid-Afrika se prestasies gevier by die twaalfde Wêreld Stedelike Forum. Kubayi sê Suid-Afrika het ook ‘n vergadering belê van die SAOG-ministers om opgradering van informele nedersettings te versnel, waarop insigte en oplossings gedeel is vir volhoubare stede wêreldwyd. Daarby het sy besprekings gelei oor volhoubare verstedeliking en ooreenkomste gesluit om ‘n kantoor van UN-Habitat in Suid-Afrika te vestig:
# Die Withuis het aangekondig die verkose president Donald Trump sal Joe Biden Woensdag in die Oval Office besoek in hulle eerste ontmoeting sedert die Amerikaanse verkiesing. Biden se na-verkiesingsuitnodiging aan Trump is ‘n tradisie tussen die uittredende en inkomende presidente. Maar toe Trump in 2020 die verkiesing verloor het teen Biden, het die Republikein die tradisie verbreek en nie so ‘n byeenkoms aangebied nie. Intussen berei Trump voor vir sy terugkeer na die pos by die Mar-a-Lago-landgoed in Florida.
# En, rugby: Honderde Suid-Afrikaanse ondersteuners het die afgelope twee dae saamgedrom by die hotel in Edinburgh waar die Bokke bly om vinnig hulle helde te sien of vir ‘n selfie. Die Bokke pak Skotland vanaand op Murrayfield vir ‘n kragmeting wat gretig afgewag word. Suid-Afrika se formidabele plaasvervangersgroep, met ‘n 7/1-voorspeler-agterspeler-verdeling, sal na verwagting ‘n groot impak maak teen Skotland. Kwagga Smith maak op nommer agt sy 50ste verskyning in die Springboktrui. Die wedstryd skop ses-uur af.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….