Goeie Nuus
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 November
Goeiemiddag. Hier is jou Goeie Nuus:
# Die wenners van die Earthshot-prys-toekennings is op ‘n geleentheid in Kaapstad aangekondig. Die prys, wat in die lewe geroep is deur die prins van Wallis, steun wêreldwyd volhoubare, eko-vriendelike projekte. Onder die wenners is die Green Africa Youth Organisation, wat gedragsverandering gebruik om gemeenskappe te help om rommel op te ruim, en Keep IT Cool, ‘n maatskappy in Kenia wat boere met sonkragaangedrewe verkoeling help om oes-afval te beperk. Prins William sê die prys is ‘n samewerkende beweging vir verandering:
Een van die top 100-deelnemers in Afrika aan die Earthshot-prys se jeugprogram, ‘n student van die Universiteit Stellenbosch, Lesedi Monnanyane, het die kans van ‘n leeftyd gekry om klimaatsveranderingsuitdagings met William te bespreek. Elk van die vyf wenners van die pryse het 23-miljoen-rand ontvang. Monnanyane bestuur ‘n suksesvolle afval-, tuin- en skoonmaakdiens wat 30 werksgeleenthede geskep het wat werk aan die uitdaging van higiëne en afvalprobleme. Hy sê William het werklik belanggestel in sy idees.
# Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê hulle verwag nog ‘n buitengewone somer-toeristeseisoen. Sewe-en-twintig lugrederye sal hierdie somer die Kaapstadse Internasionale Lughawe bedien, wat die stad verbind met 31 bestemmings op 38 roetes. Byna 200-duisend passasiers en bemanningslede sal na verwagting die provinsie besoek. Meyer sê hy is optimisties oor die toeristeseisoen met die Departement van Binnelandse Sake se pogings om dit makliker te maak vir toeriste van hoëgroeimarkte, soos China en Indië, om die land te besoek.
# Die Flatfoot Access-fees in Durban skud sy vere reg om vanjaar 21 jaar van inklusiewe dans te vier. Die geleentheid plaas die kollig op die werk van die Flatfoot-dansgroep, wat dansers met gestremdhede bemagtig. Die fees verwelkom vanjaar drie spesiale gaste: dansers van die WACO-dansbeweging, die bekroonde Suid-Afrikaanse dans-ontwikkelaar Gladys Agulhas, en ‘n digitale skakeling met die Ethiopiese danser Amanuel Solomon. Die fees word op 29 en 30 November aangebied in die Stable-teater.
# En ten slotte: Twee Durbanse ontwerpers neem tans deel aan die Windhoekse modeweek wat tot Saterdag in die Maerua-winkelsentrum in die Namibiese hoofstad aangebied word. Die kreatiewe direkteur en eienaar van DUKE Clothe Your Soul, Sandile Mngadi, die stigter van YATSAR Clothing, Sicelo Dlezi, word deur die eThekwini-munisipaliteit befonds. Die twee stel hulle werk vandag ten toon. Mngadi sê hy hoop om jong, opkomende ontwerpers uit benadeelde gemeenskappe te besiel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….