Nuus 11:00
BULLETIN 7 November 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Dali Mpofu verlaat ook die EFF om by MK aan te sluit
# ‘n Gevangene wat ‘n vonnis van 20 jaar uitdien, het uit die Boksburg Korrektiewe Sentrum ontsnap
# En die Amerikaanse Departement van Justisie kyk na moontlikhede om Trump se twee federale sake af te handel
# Die voormalige nasionale voorsitter van die EFF, Dali Mpofu, het aangesluit by die MK-party. Hy vorm deel van die uittog van EFF-leiers wat die afgelope paar maande die party verlaat het om by Jacob Zuma se MK aan te sluit, onder wie die voormalige adjunkpresident, Floyd Shivambu, Mzwanele Manyi en Busisiwe Mkhwebane. Mpofu, ‘n jarelange bondgenoot van Zuma, het aan die SABC gesê die skuif na die MK-party was ‘n jaar lank deel van sy planne:
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die regering se planne om die Openbare Beleggingskorporasie te gebruik vir die befondsing van dieNasionale Gesondheidsversekering wys hy weet nie waar om die geld te kry nie. Dit volg nadat die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, onthul het hy praat met die Nasionale Tesourie om van die korporasie se fondse te gebruik. Marius Roodt van die instituut sê die NGV is nie die antwoord op gesondheidsorg van hoë gehalte nie:
# Die Dartement van Korrektiewe Dienste het bevestig ʼn gevangene het ontsnap uit die Boksburg Korrektiewe Sentrum in Gauteng. Martin Jackson dien ʼn vonnis van 20 jaar uit vir roof, diefstal en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Die omstandighede rondom die ontsnapping word ondersoek. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê hulle sal alles moontlik doen om seker te maak Jackson word weer aangekeer:
# Amptenare van die Amerikaanse Departement van Justisie het volgens berigte begin beoordeel hoe om twee federale sake teen verkose president Donald Trump af te handel voor hy in Januarie ingehuldig word. Die sake, wat aanhangig gemaak is deur die spesiale raadgewer Jack Smith, handel oor Trump se pogings om sy verkiesingsnederlaag teen Joe Biden in 2020 om te keer, en sy beweerde wanhantering van geklassifiseerde dokumente. Die departement wil blykbaar voldoen aan ‘n memorandum van die Kantoor van Regsraadgewers in 2020 oor die aankla of vervolging van dienende presidente.
# Sokker: ‘n Britse regter het Manchester City beveel om sy gewese speler, Benjamin Mendy, die grootste deel van 256-miljoen-rand te betaal wat teruggehou is nadat hy in 2021 van verkragting en seksuele aanranding aangekla is. Die 30-jarige verdediger het die saak na ‘n arbeidstribunaal geneem nadat hy onskuldig bevind is op al nege aanklagte teen hom. Die gewese Franse internasionale speler het City verlede jaar verlaat. Hy sê ‘n senior klub-amptenaar het hom verseker hy sal sy onbetaalde salaris ontvang indien hy onskuldig bevind word.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-54-sent teen die dollar, 18-rand-85-sent teen die euro en 22-rand-68-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 74-duisend-712-dollar-6-sent. Die prys van goud is twee-duisend-655-dollar-97-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 75-dollar-14-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….