Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 6 November 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Omgewingsgroepe, insluitend die Green Connection en Extinction Rebellion, doen ‘n beroep op die regering om op te hou om tydens Afrika-energieweek in Kaapstad vennootskappe te smee met fossielbrandstofmaatskappye. Hulle voer aan die hoë koste van die geleentheid sluit die burgerlike samelewing uit in belangrike besprekings wat fokus op olie- en gasbeleggings. Die Green Connection se woordvoerder, Lisa Makaula, sê hulle beplan om buite die perseel te betoog en vra volhoubare ontwikkeling en beskerming vir vissersgemeenskappe wat deur fossielbrandstofprojekte geraak word:
# Die Vryheidsfront Plus in Gauteng veroordeel die roekelose besoedeling van sytakke en die wanbestuur van die Luipaardsvlei-stortingsterrein. Die terrein is weke gelede in opdrag van die Gautengse Departement van Omgewingsbestuur gesluit en vullis wat daarheen moet gaan, word tans na nabygeleë stortingsterreine geneem. Jaco Mulder van die VF Plus sê hulle is bekommerd oor die uitwerking van rioolbesoedeling op openbare gesondheid, landbou, ekonomiese ontwikkeling en die natuur in die algemeen:
# En China vra die komende Klimaatsveranderingkonferensie van die Verenigde Nasies in Azerbeidjan moet besprekings insluit oor koolstofgrensbelasting. Die koolstofbeleid van die Europese Unie, soos die Koolstofgrensaanpassingsmeganisme, word gekritiseer deur die BASIC-landegroep wat Brasilië, Indië en Suid-Afrika insluit, as onregverdig en beskermend. Die EU sê dit is nodig om te keer dat Europese nywerhede, wat ‘n heffing betaal vir hulle CO2-uitlatings, ondergrawe word deur goedkoop invoere van lande met ‘n minder streng klimaatsbeleid.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….