Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 6 November 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Oproepe vir strenger plaagdoder-regulering na die toename in vergiftiging van leerders
# Donald Trump beskryf die verkiesing as Amerika se goue era vir grootsheid
# En, rugby: Die Springbokvroue gryp die druk van die Afrika-sewestoernooi aan
# ‘n Koalisie van organisasies vra strenger regulering van plaagdoders nadat verskeie leerders geraak is deur voedselvergiftiging weens produkte uit spaza-winkels. Kara Mackay van Vroue op Plase wys op die giftige plaagdoder terbufos, wat verbind word met die dood van ses leerders in Naledi, Soweto, en vra ‘n onmiddellike verbod. Sy vra ook toerekenbaarheid vir mense betrokke by die verspreiding daarvan:
# Die EFF sê hy veroordeel ministers se gebrek aan uitvoerende aanspreeklikheid ten opsigte van hulle parlementêre pligte in die regering van nasionale eenheid. Die mees onlangse verslag toon sedert die ontstaan van die sewende Parlement is een-duisend-269 vrae vir geskrewe antwoorde ingedien, waarvan 129 nie beantwoord is nie. Altesaam 593 van die vrae is laat beantwoord. Die EFF sê president Cyril Ramaphosa moet die ministers verwyder wat hulle parlementêre pligte verwaarloos.
# MultiChoice, in samewerking met Gautengse wetstoepassingsagentskappe, het twee suksesvolle optredes in Florida, Mayfair, Ormonde, Booysens en Kemptonpark uitgevoer om toe te slaan op stromingstoestel-roofgroepe. Talle mense is aangekeer omdat hulle na bewering betrokke was by die onwettige verspreiding van stromingstoestelle wat vooraf gelaai is met ongemagtigde toepassings vir toegang tot DStv en ander inhoud. MultiChoice sê hierdie klopjagte word beskou as betekenisvolle oorwinnings in sy voortgaande veldtog om sy inhoud te beskerm.
# Die Republikeinse kandidaat, Donald Trump, beskryf hierdie verkiesingsveldtog as Amerika se goue era om nasionale grootsheid te herstel. Trump het sy stem uitgebring en daarna die veldtog beskryf as die grootste politieke beweging van alle tye. Hy het ook beklemtoon die land moet genees. Trump loop tans voor met 51,2-persent van die stemme teenoor die Demokraat Kamala Harris se 47,4-persent. Hy onderneem om sleutelkwessies vir Amerika se toekoms aan te pak:
# Rugby: Die hulpafrigter van die Springbok-vroue Sewesspan, Cecil Afrika, sê as die verdedigende kampioen is hulle uiters gemotiveerd om die naweek goed te vaar in die Afrika-vrouesewestoernooi in Akkra, Ghana. Suid-Afrika kom Saterdag in Groep A te staan teen Burkina Faso, Zimbabwe en Tunisië. Die toernooi dien as ‘n kwalifiseerder vir 2025 se Wêreldrugby-uitdaagtoernooi. Afrika sê ondanks die druk weet die spelers wat vereis word vir sukses:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-67-sent teen die dollar, 18-rand-99-sent teen die euro en 22-rand-76-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 73-duisend-87-dollar-40-sent. Die prys van goud is twee-duisend-731-dollar-94-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-22-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….