Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 5 November 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Gauteng se waterkrisis word vererger deur korrupsie en swak bestuur
# Die Brian Wainstein-moordverhoor word uitgestel na die moord op Mark Lifman
# En, sokker: Manchester City se hoofafrigter erken hulle gaan sukkel weens beserings
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Gauteng sal waarskynlik waterbeperkings moet instel as hy ʼn D-Dag-ramp wil afweer. Die provinsie se inwoners gebruik sowat 237 liter water per persoon per dag wat byna twee keer soveel as die meeste stede se gemiddeld is. Boonop gaan meer as 33-persent water weens lekkasies verlore. ʼn Woordvoerder van die instituut, Makone Maja, sê korrupsie, swak beplanning en wanadministrasie het veroorsaak dat die waterinfrastruktuur verval:
# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die verhoor van beskuldigdes in die moord op die steroïdekoning, Brian Wainstein, uitgestel na die moord op een van die beskuldigdes. Mark Lifman is Sondag op ‘n parkeerterrein in George doodgeskiet. Sy medebeskuldigdes, Jerome Booysen en André Naudé, het uitstel gevra om te rou en die saak is tot Maandag uitgestel. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die hoëprofiel-saak teen die beweerde misdaad-base sal nie teruggetrek word na Lifman se dood nie.
# Die Amerikaanse vise-president, Kamala Harris, sê sy is gereed om ‘n nuwe geslag leierskap vir Amerika te bied. Die Demokrate se presidentskandidaat het haar laaste saamtrek voor stemdag in Pennsilvanië gehou. Miljoene Amerikaners gaan vandag hul kruisies trek vir die land se volgende president. Harris en oudpresident Donald Trump benodig elk minstens 270 stemme in die kieskollege om die volgende president te word. Harris sê haar veldtog was oor die stryd om Amerika se demokrasie:
# Sokker: Manchester City se hoofafrigter, Pep Guardiola, glo dit gaan moeilik wees om hierdie seisoen hul Premierliga-titel te verdedig weens ‘n beseringslys wat al langer raak. City speel vanaand in Portugal teen Sporting Lisbon nadat hulle Saterdag in die Kampioeneligabekerreeks teen Bournemouth verloor het, en die vorige week teen Tottenham Hotspur, wat hulle onoorwonne lopie van 11-maande in die Premierliga beëindig het. Guardiola sê hy weet wat die standaard is wat hulle gestel het en is vol vertroue hulle kan terugbons.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-47-sent teen die dollar, 19-rand-2-sent teen die euro en 22-rand-66-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-857-dollar-49-sent. Die prys van goud is twee-duisend-733-dollar-43-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 75-dollar-12-sent per vat.
# En ten slotte: Prins William het sy vierdaagse besoek aan Suid-Afrika afgeskop deur jong omgewingsbewustes van Afrika en Asië te ontmoet en saam met plaaslike skoolkinders in Ocean View, Kaapstad, rugby te speel. Die hoofdoel van sy besoek is môre se jaarlikse Earthshot-prysuitdeling in die stad wat op omgewingsvolhoubaarheid fokus. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê dis ʼn groot eer dat die toekenningseremonie in die provinsie aangebied word:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….