Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 4 November 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Pretoria High School for Girls se hoof het nie voldoen aan die hantering van rassismeklagtes nie
# Rugby: ‘n Groot slag vir die All Blacks met ‘n dubbele besering voor die belangrike toets teen Ierland
# En, die La Dolce Vita Orient Express trein word in 2025 bekend gestel
# ’n Ondersoek deur die Gautengse Onderwysdepartement het bevind die hoof van die Pretoria High School for Girls, Phillipa Erasmus, het klagtes van rassisme verkeerd hanteer. Die ondersoek het in Julie begin nadat 12 meisies, insluitend prefekte, daarvan beskuldig is dat hulle rassistiese opmerkings gemaak het in ‘n WhatsApp-groep slegs vir witmense. Mthuthuzeli Mdladlamba van Mdladlamba-prokureurs sê in sy bevindinge Erasmus se gebrek aan optrede sluit in selektiewe dissipline en afknouery wat nie aandag gekry het nie:
# Die Wes-Kaapse regering se handels- en beleggingsbevorderingsinstelling, Wesgro, het beleggingsbeloftes van 7,7-miljard-rand vir die 2023/’24 boekjaar bekom. Dit het gelei tot die skepping van drie-duisend-913 werksgeleenthede oor die volgende vyf jaar. Noko Masipa van die DA sê Wesgro het ook 157 handelsverklarings vasgeknoop ter waarde van sowat 6,8-miljard-rand, wat vier-duisend-948 werksgeleenthede geskep het:
# Sake- en arbeidsvennote by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad is bekommerd omdat nuwe damp- en rookwette sonder behoorlike raadpleging sal voortgaan. Die Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Damprooktoestelle is daarop gemik om tabak- en damprookprodukte te reguleer, en oortreders swaar te straf. Die Parlement se portefeuljekomitee oor Gesondheid beplan egter steeds om voort te gaan met die wetgewende proses oor die wetsontwerp, te midde van Nedlac se kommer. Die Vapor Products Association of South Africa het ook die wetsontwerp teengestaan en bepleit regulasies om tussen rook en damprook te onderskei.
# Rugby: Die All Blacks het twee van hulle staatmakers verloor voor Vrydag se toets teen Ierland in Dublin. Die losskakel Beauden Barrett en die haker Codie Taylor het albei harsingskudding opgedoen in Saterdag se naelskraapse oorwinning van 24-22 oor Engeland op Twickenham. Hoofafrigter Scott Robertson het hulle vervang met Harry Plummer en Brodie McAlister, wat tans saam met die All Blacks-vyftiental deur die Verenigde Koninkryk toer. Die kragmeting op die Aviva-stadion word as ‘n wraak-ontmoeting beskou vir Ierland wat verlede jaar in die Wêreldbeker-kwarteindstryd teen Nieu-Seeland verloor het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-64-sent teen die dollar, 19-rand-12-sent teen die euro en 22-rand-73-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-634-dollar-50-sent. Die prys van goud is twee-duisend-737-dollar-32-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-74-sent per vat.
# En ten slotte: Die langverwagte La Dolce Vita Orient Express-trein word in 2025 in Italië bekend gestel. Die trein kry sy inspirasie van die glansryke lewenstyl van die 1960s’ en ’70s en het nege passasierswaens. Die sjef met drie Michelin-sterre, Heinz Beck, sal eet-ervarings uit die boonste rakke bedien, wat geïnspireer is deur die 14 Italiaanse streke van die nuwe trein se agt roetes. Dit sluit in ‘n truffelroete tussen Rome en Nizza Monferrato, ‘n toer deur die Toskaanse wingerde en ‘n besoek aan Montalcino. Pryse begin by sowat 66-duisend-rand.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….