Nuus 08:00
BULLETIN 3 November 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Maimane sê die Botswana-verkiesing is ‘n sterk waarskuwing vir bevrydingspartye in Afrika
# Die GOOD-party sê Kaapstad se siening van homself as ‘n slagoffer van onwettige besetting is misleidend
# En, rugby: ‘n Dramatiese oorwinning vir die All Blacks oor Engeland
# Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, sê Botswana se verkiesing is ‘n sterk waarskuwing vir bevrydingspartye in Afrika wat ontwikkel het in outoritêre regimes. Roger Solomons van BOSA sê Botswana se keuse om verandering aan te moedig en Duma Koko as president te verkies volg kort na die verkiesing in Zambië van Hakainde Hichilema in 2021, wat dui op ‘n bemoedigende tendens in Suider-Afrika:
# Die GOOD-party sê die Stad Kaapstad se uitsetting van mense wat by die Kasteel die Goeie Hoop gewoon het, volg ‘n tendens van die ondermyning van die waardigheid van armes, die werkersklas en werkloses. Roscoe Palm van die Good-party sê Kaapstad se uitbeelding van homself as ‘n slagoffer van onwettige besetting is misleidend, omdat die stad mense tydens die Covid-19-pandemie na die perseel by die kasteel verskuif het:
# Die Nasionale Bedingingsraad vir die Padvrag- en Logistieke Bedryf en vakbonde het ‘n twee-jaar-loonooreenkoms onderteken wat werknemers in die bedryf en uitgebreide bedingingseenheid dek. Vanaf Maart 2025 sal lone in die eerste jaar met sewe-persent styg en in die tweede jaar met ses-persent. Die toelaes vir nagskof- en oorgrenswerk sal ook styg. Die bedingingsraad sê die ooreenkoms bring bestendigheid vir die bedryf.
# Kamala Harris het onaangekondig in New York aangekom om te verskyn op ‘n episode van die draaksteekprogram Saturday Night Live. Die Amerikaanse presidensiële kandidaat was op die laaste naweek van die verkiesingsveldtog bedrywig in die gelykop-state. Sy het vroeër uit Noord-Carolina met Air Force Two na New York uitgewyk. Haar verskyning op die televisieprogram is bevestig deur drie mense wat weet wat haar planne is, maar nie in die openbaar daaroor mag praat nie. Dit was die laaste episode van Saturday Night Live voor Dinsdag se verkiesing en is aangebied deur die komediant John Mulaney.
# En, rugby: Nieu-Seeland het ‘n oorwinning van 24-22 oor Engeland beklink met die vleuel Mark Tele’a wat die deurslaggewende drie gedruk het en Damian McKenzie wat laat met ‘n strafdoel geslaag het om hulle terugvegpoging op Twickenham af te rond. Engeland was met nog 13-minute oor met 22-14 voor, danksy Marcus Smith wat 17 punte bygedra het en Immanuel Feyi-Waboso se drie. Maar ‘n skepskop wat George Ford op die nippertjie verbrou het, het hulle lot verseël. Nieu-Seeland sit Vrydag hulle toer voort teen die Sesnasieskampioene Ierland in Dublin en Engeland kom Saterdag te staan teen Australië op Twickenham.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….