Nuus 11:00
BULLETIN 2 November 11 vm
Goeiemôre/Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Eskom is op koers om aan elektrisiteitsbehoeftes te voldoen
# Die ANC is vol vertroue die nuutverkose Botswana-leierskap sal beleid volg wat die behoeftes van mense weerspieël
# En swem: Goud vir Chad in Singapoer
# Eskom sê hy bly op koers om te voldoen aan die elektrisiteitsbehoeftes van die land met beurtkrag wat sedert 26 Maart nou reeds vir sewe maande opgeskort is. Daphne Mokwena van Eskom sê belegging in die opwekkingsherstelplan was deurslaggewend vir die behoud van ‘n bestendige kragtoevoer reg oor Suid-Afrika, wat doeltreffendheid aanvuur, en 13,7-miljard-rand jaar-tot-jaar dieselbesparing teweeggebring het. Sy sê onbeplande onderbrekings staan op tien-duisend-megawatt wat dui op operasionale doeltreffendheid die afgelope week:
# Die ANC sê hy is vol vertroue die nuutverkose leierskap van Botswana van die Umbrella for Democratic Change onder president Duma Boko sal beleid aanvaar wat die behoeftes en aspirasies van die land se mense weerspieël en wat vordering aanmoedig in die volgehoue najaag van Afrika-eenheid en -vooruitgang. Die woordvoerder van die ANC, Mahlengi Bhengu-Motsiri, het ook respek betuig met die Botswana Democratic Party vir sy waardige aanvaarding van die uitkoms van die verkiesing:
# Die adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Zuko Godlimpi, vra vir die ontwikkeling van ‘n veerkragtige gesondheidstelsel wat billike toegang en volhoubare oplossings te midde van krisisse prioritiseer. Godlimpi het gepraat op die Innoverende Farmaseutiese Vereniging van Suid-Afrika se jaarvergadering in Johannesburg en beklemtoon gesondheidsuitdagings het ‘n erger uitwerking op kwesbare geneemskappe. Hy bepleit robuuste plaaslike vervaardiging van farmaseutiese en mediese voorraad om onafhanklikheid te verbeter. Godlimpi het op die noodsaak gewys van samewerking tussen die regering, bedryfsleiers en vernuwers om Suid-Afrika se gesondheidsorg te verbeter en ekonomiese groei aan te vuur.
# Die goewerneur van die deelstaat Washington sê hy “aktiveer” lede van die Nasionale Wag om op bystand te wees ingeval geweld in die komende verkiesing uitbreek. Goewerneur Jay Inslee sê hy het die besluit geneem nadat hy inligting ontvang en kommer uitgespreek is oor moontlike geweld. Die bevel is geskeduleer om Maandag in werking te tree en te duur tot Donderdag middernag. Daar word verwag Kamala Harris sal Donald Trump maklik in die deelstaat verslaan. Stembusse is vroeër die week daar aan die brand gesteek, met honderde stembriewe wat glo beskadig is.
# En, swem: Die 32-jarige Chad le Clos het goud ingepalm in die mans 200-meter vlinderslag op die tweede dag van die 2024 Swemwêreldbeker se ronde in Singapoer. Dit is die laaste byeenkoms vandrie in die Swemwêreldbeker-kortbadreeks wat twee weke gelede in Sjanghai begin het. Le Clos was by die 150-metermerk derde maar het met ‘n groot poging goud behaal in een-minuut-50,42-sekondes. Sy tyd was sy vinnigste van die reeks en het sy medaljes in sy Wêreldbekerloopbaan opgeskuif na 229.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….