Nuus 07:00
BULLETIN 2 November 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Shamila Batohi hersien die besluit om korrupsie-aanklagte teen Zizi Kodwa te laat vaar
# Die Staatsdiensvereniging is ontsteld oor doodsdreigemente teen arbeidsinspekteurs in Mpumalanga
# En, rugby: ‘n Engelse stut sê dit sal ‘n besondere prestasie wees om die All Blacks te klop
# Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Shamila Batohi, gaan die besluit hersien om korrupsie-aanklagte teen die voormalige minister van Sport, Zizi Kodwa, en sy medebeskuldigde, Jehan Mackay, te laat vaar. Die hersiening volg op ‘n versoek van die Valke om die beslissing deur die Suid-Gautengse Direkteur van Openbare Vervolging, Andrew Chauke, te hersien. Volgens NVG-woordvoerder, Mthunzi Mhaga, sal die hersiening ooreenkomstig grondwetlike riglyne geskied. Kodwa is daarvan beskuldig dat hy van 2015 tot 2016 omkoopgeld van 1,6-miljoen-rand aanvaar het maar die aanklagte is Vrydag in die hof teruggetrek.
# Die Vereniging vir Staatsamptenare sê hy is diep bekommerd oor doodsdreigemente teen arbeidsinspekteurs in Mpumalanga. Die dreigemente is gemaak terwyl inspekteurs besig is met die afdwing van arbeidswette in die provinsie. Die vereniging sê die inspekteurs doen hulle werk onder gevaarlike omstandighede . Flip van der Walt van die vereniging vra onmiddellike optrede om die veiligheid van die noodsaaklike werkers te beskerm, wat nodig is vir die behoud van arbeidstandaarde en die beskerming van werkersregte:
# Die groei in die Amerikaanse arbeidsmag het in Oktober drasties gedaal. Dit is tydelik getref deur orkane en stakings, in ‘n finale groot ekonomiese prentjie voor die verkiesing, met lewenskoste wat kiesers se kommer oorheers. Die wêreld se grootste ekomonie het verlede maand net 12-duisend werksgeleenthede bygevoeg, wat baie laer is as verwagtinge en laer as die hersiene 223-duisend in September. Die werkloosheidskoers was onveranderd op 4,1-persent. Die werkloosheidsdata sal fyn nagegaan word deur die spanne van beide Kamala Harris en Donald Trump.
# Rugby: Die Engelse stut Ellis Genge sê om vandag Nieu-Seeland te klop sal steeds ‘n besondere prestasie wees, ondanks die All Blacks se onlangse swak uitslae. Nieu-Seeland het drie van hulle ses wedstryde verloor in vanjaar se suidelike halfrond Rugbykampioenskap nadat hulle in die 2023 Wêreldbekereindstryd met een punt geklop is deur hulle aartsvyande Suid-Afrika. Engeland het nog net agt keer in die vorige 45 wedstryde teen die All Blacks gewen, tot so lank terug as 1905. ‘n Oorwinning vandag sal hulle eerste een tuis wees oor die
# En, die Stad Tshwane se nooddienste doen ‘n beroep op inwoners om voor te berei vir ‘n hittegolf wat môre sal begin en tot Maandag duur. Voorspellings toon temperature wat in sommige gebiede 40 grade Celsius bereik. Die woordvoerder, Lindsay Mnguni, het inwoners aangeraai om gehidreer te bly, buitemuurse aktiwiteite te vermy, koel klere te dra en ‘n ogie oor kwesbare mense en diere te hou:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….