Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 30 Oktober 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Suid-Afrikaanse Windenergie-vereniging gee erkenning aan die hervorming van die program vir openbare aankope, wat die minister van Energie, Kgosientsho Ramokgopa, aangekondig het. Die vereniging, wat betrokke was by die raadplegings, ondersteun die aanpassing van die Hernubare Energie Onafhanklike Kragprodusente-verkrygingsprogram met sektorhervormings. Hy beklemtoon die behoefte om netwerktoegang-uitdagings op te los, verkrygingskonsekwentheid te optimaliseer en windenergie-vermoë doeltreffend toe te ken. Die vereniging glo hierdie ingrypings sal Suid-Afrika se energie-oorgang en markbestendiging ‘n hupstoot gee.
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê lugbesoedeling hou steeds ‘n groot nasionale gevaar in vir mense se gesondheid, veral in metropolitaanse en voorkeurgebiede. Ses van die wêreld se tien grootste brandpunte waar stikstofdioksied vrygestel word, is in Suid-Afrika met kragstasies in die land wat nege van die tien grootste bronne van stikstofdioksied is. ʼn Woordvoerder van die departement, Patience Gwaze, het aan die Parlement gesê hulle verskerp die instelling van planne om luggehalte in voorkeurgebiede te bestuur.
# En die Reënwoud-alliansie sê daar is ʼn dringende behoefte aan volhoubare en herlewingsboerderypraktyke om klimaatsverandering te bekamp. Die wêreld het tussen 2017 en 2022 sowat 24,5-miljoen hektaar tropiese woude verloor wat hoofsaaklik aan onvolhoubare landbou- en bosboupraktyke toegeskryf word. Die alliansie se streekdirekteur vir Suidelike Afrika, Marla Naidoo, sê die behoefte aan ʼn herlewingsbenadering raak al dringender aangesien boere wêreldwyd deurloop onder uiterste weerstoestande en onvoorspelbare klimaatspatrone.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….