Nuus 09:00
BULLETIN 28 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Mcebisi Jonas sê die regering van nasionale eenheid is steeds baie broos
# Die DA sê Suid-Afrika moet die vervolging van finansiële misdaad herstel om van die grys lys af te kom
# En Donald Trump belowe om die Amerikaanse droom terug te bring
# Die voormalige minister van Finansies Mcebisi Jonas sê die regering van nasionale eenheid sal net homself kan handhaaf en samehorigheid bereik as die hoofpartye, die ANC en die DA, ou idees en politiek laat vaar. Hy het gepraat op die Kgalema Motlanthe-stigting se Inklusiewe Forum in die Drakensberg. Jonas sê die oorlewing van die regering van nasionale eenheid hang af van ‘n ekonomiese ommeswaai van die stagnasie van die onlangse jare. Hy sê daar moet ook meer pogings weens om demokratiese grondwetlikheid te beskerm en die bestendigheid van instellings te verseker.
# Die DA verwelkom die Finansiële Aksietaakmag se aankondiging dat Suid-Afrika aansienlike vordering gemaak het om probleme op te los wat gelei het tot insluiting by die gryslys. Die land het 37 van 39 kriteria afgemerk wat die taakmag moes hanteer vir sy volgende hersiening in 2026/2027. Wendy Alexander van die DA sê hulle het lank reeds ‘n beroep gedoen vir daadwerklike optrede om van die gryslys afgehaal te word, want dit is noodsaaklik dat Suid-Afrika gesien word as veilig vir beleggings:
# Die polisie in KwaZulu-Natal het twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n onderwyser in Ntuzuma. Die 46-jarige leerkrag is in Julie voor leerders en haar kollegas doodgeskiet by die Phikiswayo Primary School in Richmond Farm. Die woordvoerder van die polisie Robert Netshiunda sê ondersoeke het tot dusver ‘n gevangene uitgewys as die moontlike baasbrein agter die moord:
# Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump beloof om Amerika weer healthy, wealthy, and great te maak. Hy het gister [Sondag] ‘n saamtrek in sy tuisstad New York se Madison Square Garden gehou. Onder die ondersteuners van die Republikeinse presidentskandidaat was die miljardêr Elon Musk, die stoeier Hulk Hogan en sy voormalige regsverteenwoordiger Rudy Giuliani. Trump sê sy ondersteuners moet die vise-president Kamal Harris se radikale linkse agenda verslaan en ‘n oorwinningsuitslag lewer wat te groot is om mee te peuter:
# Tennis: Jack Draper van Brittanje het die Weense Ope gewen en die eerste speler geword wat die toernooi as nuweling inpalm het sedert sy landgenoot Andy Murray dit in 2014 reggekry het. Die 22-jarige het Karen Khachanov van Rusland verslaan wat hom die grootste titel van sy loopbaan besorg het. Draper beleef ‘n deurbraakseisoen nadat hy verlede maand sy eerste Grand Slam-halfeindstryd by die Amerikaanse Ope bereik het. Hy is vandag 15de op die wêreldranglys, wat sy hoogste posisie ooit is.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-71-sent teen die dollar, 19-rand-11-sent teen die euro en 22-rand-94-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-575-dollar-98-sent. Die prys van goud is twee-duisend-731-dollar-63-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 75-dollar-91-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….