Nuus 11:00
BULLETIN 27 Oktober 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die minister van Vervoer Barbara Creecy sê daar word gewerk aan die verbetering van hawens en Transnet
# COSATU prys Discovery se minimumloonverhoging
# En, krieket: Pakistan palm die toetsreeks teen Engeland met 2-1 in
# Die minister van Vervoer Barbara Creecy sê daar word gewerk aan die verbetering van Suid-Afrika se hawe-doeltreffendheid en om Transnet se inkomste te verhoog. Sy het op ‘n nuuskonferensie van die ANC se nasionale uitvoerende komitee gesê ‘n oorlogskamer vergader daagliks om operasionele uitdagings te hanteer. Creecy beklemtoon die belangrikheid om Transnet se kapasiteit uit te brei. Daarby noem sy vordering met die verbetering van spoorvolumes en hawe-prestasie om te voldoen aan die toenemende vraag:
Creecy het ook herbeklemtoon dat Transnet werk aan die oopstel van sy spoornetwerk vir derde partye. Transnet se operasionele modelle sal volgens beplanning vroeg volgende jaar afgehandel wees. ‘n Tender vir ‘n huurvennootskap vir spoorvoertuie is egter gekanselleer weens nie-voldoening. Sy sê daar word beplan om dit in Desember weer uit te reik:
# Die vakverbond Cosatu wens Discovery geluk nadat hy sy minimumloon tot 16-duisend-en-60-rand per maand verhoog het. Dit volg op soortgelyke besluite deur Investec, Sanlam en Old Mutual om iets te doen aan loon-ongelykhede. Cosatu beskou die pogings as stappe tot die verkleining van inkomste-ongelykheid. Die vakverbond hoop meer maatskappye sal dieselfde doen, veral met nuwe wette wat van ondernemings vereis om loongapings openbaar te maak. Cosatu beklemtoon dat lewensvatbare lone noodsaaklik is in die stryd teen armoede en die aanvuur van inklusiewe groei.
# Negentien mense is dood en nog ses is beseer nadat ‘n bus gister betrokke was in ‘n botsing op ‘n snelweg in Mexiko se sentrale staat Zacatecas. Die plaaslike owerhede sê die ongeluk het vroeg die oggend gebeur toe die bus wat die slagoffers vervoer het van agter af gebots het met ‘n trekker met ‘n sleepwa wat mielies vervoer het en losgekom het. Reddingoperasies is deur die dag voortgesit om van die liggame uit ‘n bergkloof te herwin. Die bus was op pad na Ciudad Juarez, ‘n grensstad is die staat Chihuahua.
# En, krieket: Pakistan het hulle derde en finale toets teen Engeland in Rawalpindi oortuigend op die derde dag met nege paaltjies gewen. Engeland het ineengestort van 66 vir drie tot 112 almal uit, wat die gashere ‘n teiken gestel het van net 36 lopies. Pakistan se draaibouler Noman Ali het ses paaltjies platgetrek vir 42 lopies, en Sajid Khan se bydrae was vier vir 69. Dit was Engeland se laagste totaal ooit in Pakistan.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….