Nuus 08:00
BULLETIN 27 Oktober 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC NUK herbevestig sy toewyding aan die demokrasie en teenkorrupsiepogings
# Vier verdagtes is dood in ‘n skietgeveg met die polisie op die R59 in Alberton
# En rugby: Gemengde uitslae vir Suid-Afrikaanse spanne in die naweek se VRK-kragmetings
# Die ANC se nasionale uitvoerende komitee se subkomitee vir Vrede en Sekerheid sê hy is verbind tot die behoud van demokratiese beginsels. Die voorsitter Polly Boshielo het op ‘n nuuskonferensie die party se standpunt teen korrupsie beklemtoon deur indiwidue aanspreeklik te hou. Sy loof die Spesiale Ondersoekeenheid vir die herwinning van gesteelde staatsgeld en die uitroei van korrupsie, en herbevestig die ANC sal nie toegewings maak oor integriteit nie :
# Vier verdagtes wat op pad was om ‘n onderneming in Johannesburg te beroof is dood in ‘n skietgeveg met die Gautengse polisie op die R59 in Alberton. Die straat bly gesluit terwyl die ondersoek voortduur, wat aansienlike verkeersvertragings veroorsaak. Die provinsiale Polisiekommissaris Tommy Mthombeni sê die voorval volg op nog ‘n noodlottige skietery in KwaZulu-Natal, waarin twee gesoekte verdagtes dood is:
# Sun International se plan vir die verkryging van Peermont, die eienaar van Emperors Palace, het ‘n terugslag beleef nadat die Mededingingskommissie aanbeveel het die transaksie van 7,3-miljard-rand moet stopgesit word. Die maatskappy sê hy sal die kommissie se verslag hersien voor dit oorgedra word aan die Mededingingstribunaal, wat die finale sê het. Die verkryging, gemik op die vergroting van operasies, sluit in Peermont se elf eiendomme en aanlyn-weddenskapplatform. Ondanks die nuus bly Sun se aandele bestendig, met groei van 15-persent die afgelope jaar.
# Die Israelse weermag sê hy het “geteikende aanvalle” geloods in reaksie op wat hy beskryf as “die voortdurende aanvalle van die regime in Iran teen Israel”. Dit is die eerste keer dat Israel se weermag Iran openlik aanval, wat nie onderworpe was aan volgehoue aanvalle deur ‘n buitelandse vyand sedert se oorlog in die 1980’s met Irak nie. Na die aanvalle het die Israelse weermag gesê sy vegvliegtuie het missielvervaardigingsgeriewe geteiken wat gebruik is om die missiele te maak wat Iran die afgelope jaar afgevuur het op die Staat Israel.
# En, rugby: Die Haaie het hulle beste voetjie voorgesit en Munster gister oortuigend met 41 -24 in Durban geklop in hulle vyfde wedstryd van die Verenigde Rugby Kampioenskap. In ‘n vroeër wedstryd het die Bulle Benetton met 17-15 ore aangesit. Die Leeus, wat vierde op die punteleer is, het met 24-6 teen die voorlopers op die punteleer, Leinster, verloor. En die Stormers kon in versengende hitte in Stellenbosch nie munt slaan uit hulle tuisveld-voordeel nie en het met 28 -17 verloor teen die verdedigende kampioene Glasgow Warriors.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….