Nuus 07:00
BULLETIN 26 Oktober 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Mkhwebane sê die MK-party se begrip van swart vervolging het haar besluit beïnvloed om aan te sluit
# Die Grensbestuursowerheid bevestig Lebombo se bedrywighede word nie geraak deur betogings in Mosambiek nie
# En, rugby: Wolhuter keer terug vir die Leeus vir die wedstryd teen Leinster
# Die voormalige openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, sê haar besluit om by die MK-party aan te sluit is beïnvloed deur die party se begrip van swart Suid-Afrikaners se vervolging. Mkhwebane het verlede week haar voorneme om op haar familie te fokus uitgespreek nadat sy uit die EFF bedank het. Haar aansluiting by MK kom terwyl sommige lede in Sandton betoog het teen die vinnige toevoeging van nuwe rekrute. Mkhwebane se mikpunt is om die regte en bemagtiging van swart burgers te bepleit:
# Die Lebombo-grenspos in Mosambiek is steeds oop en in bedryf ondanks spanning in Mosambiek na die aankondiging van die verkiesingsuitslae. Die Grensbestuursowerheid het bevestig daar is wel sporadiese betogings, maar die grenspos hanteer steeds die normale beweging van mense en goedere. Waarnemende kommissaris Jane Thupana sê reisigers se bekommernis het gelei tot huiwering by die grens, wat moontlik langer toue veroorsaak:
# Die adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Andrew Whitfield, is oortuig Suid-Afrika kan ‘n sentrum vir die vervaardiging van batterytegnologie word. Whitfield het tydens die opening van Balancell se Gigafabriek van 150-miljoen-rand in Kaapstad die regering se samewerking met die privaat sektor uitgelig en Suid-Afrika se potensiaal in skoon tegnologie onderstreep. Hy het ook benadruk hoe belangrik dit is om ‘n sterk basis van geskoolde Suid-Afrikaners in vooraanstaande universiteite en navorsingsinstellings op te bou om plaaslike navorsing en ontwikkeling te bevorder.
# Limpopo se Onderwysdepartement het voedselverkope rondom skole opgeskort nadat ‘n 13-jarige leerder Woensdag dood is. Nog drie kinders is in die Donald Fraser-hospitaal opgeneem en is in ‘n bestendige toestand. Die departement sê die voorkomende maatreël is tydens die eksamen ingestel, maar die Nasionale Skoolvoedingsprogram gaan voort. ‘n Tussen-ministeriële taakmag sal voedselveiligheid ondersoek en langtermyn-oplossings voorsien. Premier Phophi Ramathuba het gemeenskappe gevra om weg te bly van ongereguleerde voedselbronne.
# En, rugby: Die Leeus gaan die gebied-spel speel teen Leinster in Dublin in vanaand se die kragmeting tussen die voorste twee spanne op die Verenigde Rugbykampioenskap-punteleer. Die losskakel Kade Wolhuter keer terug na die opdrafspan met sy ervare skopstewel. Die aanvallende losskakel Sanele Nohamba begin weer op die bank. Voorlangs word die span versterk met die terugkeer van vaskopstut Asenathi Ntlabakanye. Rynhardt Jonker en Henco van Wyk is die senters en Marius Louw skuif bank toe. Afskop is vanaand kwart oor ses.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….