Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 25 Oktober 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Politieke partye debatteer ‘n oproep vir die regulering van buitelandse spaza-winkels
# Krieket: Temba Bavuma gaan ook die Proteas se tweede toets teen Bangladesj misloop
# En dinosourus-fossiele word die eerste keer in Hongkong ontdek
# Politieke partye in die Nasionale Vergadering versoek die regulering van spazawinkels na ‘n toename in gevalle van voedselvergiftiging. Dit sluit in die dood van ses kinders in Naledi, Soweto. Sprekers het gedurende die debat beklemtoon die versoek is nie xenofobies of afrofobies nie, maar is gemik op ondernemings wat nie voldoen aan die reëls nie. Die DA-lid Eleanore Rochelle Spies beklemtoon die behoefte aan deeglike ondersoeke om aandag aan die saak te gee:
# Die ANC sê hy gaan sy spesiale vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee in Boksburg, Ekurhuleni, aanbied, van vandag tot Maandag. Die party se woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê hierdie byeenkoms is die belangrikste besluitnemingsliggaam van konferensies. Die vergadering sal hernuwings, integriteitskomiteeverslae en die bou van regulerende strukture bespreek. Sy sê dit is om die beweging te vestig vir die versnelling van dienslewering, en om ‘n pad vorentoe uit te stippel oor sleutelkwessies waarmee die land worstel:
# Afrika se finansiële markte brei uit teen die vinnigste pas sedert 2017. Volgens die jongste Afrika Finansiële Markte-aanwyser van Absa het 23 van die 29 lande wat beoordeel is se tellings verbeter, met groei in pensioenfondsbates en buitelandse valutareserwes. Dit word aangedryf deur ekonomiese herstel en die verlaging van inflasie. Suid-Afrika, Mauritius en Nigerië is bo-aan die aanwyser en Ethiopië laaste. Absa se tussentydse uitvoerende hoof, Charles Russon, het dit as ‘n positiewe verskuiwing bestempel ná die uitdagings van die Covid-19-pandemie.
# Krieket: Kaptein Temba Bavuma gaan ook die Proteas se tweede toets teen Bangladesj misloop weens ‘n besering. Hy het saam met die span na Suid-Asië gereis met die hoop om betyds te herstel van ‘n armbesering, maar sal nie fiks wees wanneer die kragmeting Dinsdag in Chattogram begin nie. Die witbalkaptein, Aiden Markram, sal steeds die span aanvoer nadat hy hulle gelei het tot ‘n oorwinning met sewe paaltjies in die eerste toets in Mirpur – hulle eerste toetsoorwinning in Suid-Asië in meer as tien jaar.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-63-sent teen die dollar, 19-rand-8-sent teen die euro en 22-rand-89-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-908-dollar-47-sent. Die prys van goud is twee-duisend-722-dollar-84-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-92-sent per vat.
# En ten slotte: Dinosourus-fossiele is die eerste keer in Hongkong ontdek. Dit is aangetref op Port Island, ‘n onbewoonbare rotsagtige deel in die noordooste van die stad. Navorsers het vasgestel dat die beenfossiele waarskynlik afkomstig is van ‘n groot dinosourus uit die Kryttydperk, ‘n era van meer as 145- tot 66-miljoen jaar gelede wat na die Jurassic-tydperk gevolg het. Kenners in paleontologie sê die mylpaalontdekking is ‘n groot gebeurtenis vir die stad met ‘n ingewikkelde geologiese geskiedenis en voortdurend veranderende weerpatrone.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….