Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 24 Oktober 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Altesaam 3,3-gigawatt se hernubare energieprojekte is vanjaar geregistreer by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika, met meer as twee-gigawatt wat net in die derde kwartaal geregistreer is. Dit sluit in ‘n son-fotovoltaïese projek van 475-megawatt in die Vrystaat en ‘n windplaas van 380-megawatt in die Wes-Kaap. Die senior ekonoom van Handel en Nywerheidsbeleidstrategieë, Gaylor Montmasson-Clair, sê die opmerklikheid van windprojekte steun stelselbestendigheid en verskeidenheid, en ‘n billike oordrag in die hoof-steenkoolstreek van Suid-Afrika.
# Die Europese Kommissie het 85 vernuwende net-zero-projekte gekies wat toelaes sal ontvang van die Vernuwingsfonds. Die gekeurde programme is in 18 lande en dek ‘n wye reeks sektore, waaronder energie-intensiewe nywerhede, hernubare energie, energieberging en nywerheidskoolstofbestuur. Die kommissie sê die projekte sal voor 2030 op dreef kom, en oor die eerste tien jaar van bedryf sal hulle na verwagting uitlatings verlaag tot gelykstaande aan ongeveer 476-miljoen-ton koolstofdioksied.
# En ten slotte: ‘n Studie deur die netwerk World Weather Attribution het bevind klimaatsverandering in Afrika wat deur mense veroorsaak word het seisoenale reën vererger, wat uitgeloop het op verwoestende oorstromings. Vanjaar se oorstromings het die dood veroorsaak van omtrent een-duisend-500 mense en meer as ‘n miljoen ontheem in Wes- en Sentraal-Afrika. Aardverwarming het seisoenale neerslae vanjaar ongeveer vyf- tot 20-persent meer intensief gemaak in die Niger- en die Chadmeer-komme. Die netwerk vra meer belegging in vroeë waarskuwingstelsels en opgradering van damme.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….