Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 23 Oktober 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Vyf mans is doodgeskiet in New Brighton in Gqeberha
# Die polisie keer twee verdagtes aan in verband met ‘n massamoord in Bityi in die Oos-Kaap
# En inflasie daal tot 3,8-persent, wat die weg baan vir ‘n rentekoersverlaging volgende maand
# Die Oos-Kaapse polisie het begin met ‘n soektog na verdagtes nadat die liggame van vyf mans in ‘n hut in die Chris Hani-informele nedersetting in New Brighton, Gqeberha, gevind is. Polisiewoordvoerder Majola Nkohli sê die polisie het omstreeks half-tien ‘n klagte ontvang oor ‘n skietery by ʼn hut, en het die slagoffers met veelvuldige skietwonde aangetref:.
Twee verdagtes is intussen aangekeer in verband met Vrydag se moord op vyf gesinslede in Bityi in die Oos-Kaap. Polisie-woordvoerder, Siphokazi Mawisa, sê ’n diepgaande ondersoek het hulle na twee mense gelei van 22 en 39-jaar-oud, in Msukweni. Sy sê die polisie is daarna na ʼn plek geneem waar ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie gevind is:
# Die kommissaris van die Inkomstediens, Edward Kieswetter, sê hulle is nie ‘n politieke werktuig nie, en ontken individue word geteiken rakende hul belastingsake. Dit volg nadat Omphile Maotwe van die EFF in die Parlement beweer het partyleier Julius Malema word geteiken. Die Ontvanger het ‘n rekordinkomste van meer as 1.74-honderd-duisend-miljoen-rand aangeteken. Kieswetter het die SAID se onafhanklikheid van politieke invloed beklemtoon en sê hy sal eerder bedank as om ‘n opdrag van enige politieke party te aanvaar. Hy het die versekering gegee hul metodes is uitsluitlik op datawetenskap en bewyse gegrond.
# Suid-Afrika se inflasiekoers het verlede maand tot 3,8-persent gedaal, van 4,4-persent in Augustus, die laagste vlak sedert vroeg-2021. Dit is die vierde agtereenvolgende maand dat inflasie daal, hoofsaaklik as gevolg van laer vervoerkoste nadat brandstofpryse vanaf verlede jaar met nege-persent gedaal het. ‘n Woordvoerder van Statistieke Suid-Afrika, Patrick Kelly, sê die daling het verwagtinge van ‘n rentekoersverlaging van 25-basispunte laat opvlam wanneer die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee volgende maand vergader:
# Sokker: Die eienaar van die Engelse klub Nottingham Forest, Evangelos Marinakis, is vir vyf wedstryde uit die stadion geskors nadat hy naby beamptes gespoeg het. ’n Onafhanklike reguleringskommissie het hom aan onbehoorlike gedrag skuldig bevind . Hy het verlede maand op die grond gespoeg terwyl wedstrydbeamptes in die tonnel verbystap het nadat Forest een-nul teen Fulham verloor het in die Premierliga. Bestuurder Nuno Espírito Santo en middelveldspeler, Morgan Gibbs-White, is ook geskors vir ’n afsonderlike voorval gedurende ’n gelykop uitslag van twee-elk tussen Forest en Brighton verlede maand.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-60-sent teen die dollar, 18-rand-98-sent teen die euro en 22-rand-85-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-468-dollar-43-sent. Die prys van goud is twee-duisend-751-dollar-5-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-99-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….