Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 22 Oktober 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die BRICS-beraad skop af met ‘n vergadering tussen Ramaphosa en Putin
# Samoa is die gasheer vir die vergadering van Statebonds-regeringshoofde
# En, rugby: Vier Wêreldbeker-wenners is terug in die Springbok-groep vir die November-toer
# Die BRICS-beraad het amptelik afgeskop in Kazan, Rusland, met president Cyril Ramaphosa wat ‘n bilaterale gesprek met president Vladimir Putin gevoer her. Die beraad, wat van vandag tot Donderdag duur, fokus op die versterking van samewerking tussen lande in die nastreef van ‘n gemeenskaplike doelwit vir globale ontwikkeling en veiligheid. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa wil Suid-Afrika se voorkeure oordra en politieke en ekonomiese betrekkinge met mede-BRICS-leiers verbeter:
Samoa is intussen gasheer vir die vergadering van Statebondshoofde in Apia en verwelkom meer as vier-duisend afgevaardigdes van 56 lande. Leiers sal die vordering sedert die beraad in 2022 in Rwanda in heroënskou neem en toekomsplanne uiteensit. ’n Nuwe sekretaris-generaal van die Statebond sal verkies word om Patricia Scotland op te volg, wie se termyn volgende jaar eindig. Koning Charles is ook teenwoordig, sy eerste keer sedert die dood van koningin Elizabeth. Suid-Afrika se adjunkminister in die Presidensie vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Steve Letsike, lei die land se afvaardiging.
# Die Biervereniging van Suid-Afrika versoek die regering om dringend hervormings aan te bring aan die 25-persent aksynsbelasting en waarsku dit kan die bedryf benadeel. Die uitvoerende hoof van BASA, Charlene Louw, het aan eNCA gesê beleidsekerheid is noodsaaklik, aangesien die biersektor ‘n belangrike rol speel in ekonomiese groei. Sy beklemtoon belastinghervormings kan werkskepping bevorder, met een aksynsbesluit wat verreikende gevolge sal hê:
# Die Outomobiel-assosiasie het die optrede van blouligbrigades op Gautengse hoofweë gekritiseer en beskryf dit as ‘n skandalige plaag op die land se paaie. Woordvoerder Eleanor Mavimbela waarsku die brigades wat teen ‘n hoё snelheid jaag hou ʼn ernstige bedreiging vir motoriste in weens die aggressiewe gedrag van beamptes. Die AA vra politici om te verseker dat hulle begeleiers professioneel optree en beklemtoon die gerief van BBP’s regverdig nie roekelose bestuur nie:
# Rugby: Vier Wêreldbeker-wenners, Damian Willemse, André Esterhuizen, RG Snyman en Franco Mostert, maak ʼn welkome terugkeer na die Springbok-groep vir volgende maand se toer. Afrigter Rassie Erasmus het ʼn groep van 34 spelers aangekondig om op 10 November teen Skotland in Edinburgh te speel, op 16 November teen Engeland in Londen en ʼn week later teen Wallis in Cardiff. Kaptein Siya Kolisi en die groep vertrek Sondag vir ʼn oefenkamp in Jersey. Sacha Feinberg-Mngomezulu, Salmaan Moerat, Steven Kitshoff en Lood de Jager is weens beserings nie oorweeg nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-56-sent teen die dollar, 19-rand-1-sent teen die euro en 22-rand-80-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-346-dollar-74-sent. Die prys van goud is twee-duisend-734-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-91-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….