Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 22 Oktober 1 nm
Goeiemiddag, ek is ………….
In die bulletin:
# Johannesburg se stadsbestuurder kan moontlik in hegtenis geneem word word oor ‘n onopgeloste waterrekeninggeskil
# Sabric versoek samewerking om ontwikkelende kubermisdaadbedreigings te bekamp
# En, rugby: Nog ’n rooikaart vir die Bulle word opgehef
# Johannesburg se stadsbestuurder, Floyd Brink, kan dalk in hegtenis geneem word weens versuim om te voldoen aan ‘n hofbevel teen die metro vir die ontkoppeling van dienste aan Pibir Investments. Die sakeonderneming het in April begin met die saak teen Brink. Ondanks die hofmandaat om rekeningkwessies reg te stel en nie dienste te ontkoppel nie, het die metro nie ten volle daaraan voldoen nie. Volgens News24 is Brink as stadsbestuurder verantwoordelik vir enige mislukkings van die metro, selfs al het hy as persoon nie die oortreding begaan nie.
# Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum het ‘n beroep gedoen vir verbeterde samewerking tussen banke, wetstoepassing en reguleerders om die toenemende kubermisdaadbedreigings aan te pak. Sy 2023-verslag het ‘n toename van 47-persent in digitale bankbedrog ontbloot, met misdadigers wat gevorderde tegnologie soos kunsmatige intelligensie uitbuit. Sabric se uitvoerende hoof, Nischal Mewalall, sê ondanks ‘n paar positiewe neigings, vereis ontwikkelende kubermisdaadtaktieke voortdurende vernuwing en gesamentlike pogings om die finansiële stelsel te beskerm:
# Die landbou-organisasie TLU SA sê hy is sterk gekant teen die wyse van hervorming in die landbousektor. Die Departement van Landbou het onlangs kriteria vir Swart Ekonomiese Bemagtiging bekendgemaak wat verlaagde tariewe vir in- en uitvoer betref, asook planne om bemagtiging verpligtend te maak. TLU SA se hoof, Bennie van Zyl, sê die rol van ‘n bestendige landbousektor in die land is te belangrik om aan enige politieke agenda ondergeskik te wees:
# Rugby: ‘n Rooikaart aan die Bulle is die tweede agtereenvolgende week opgehef. Die Italiaanse skeidsregter Federico Vedovell het die Springbok-haker Johan Grobbelaar Vrydag afgestuur vir ʼn gevaarlike duikslag tydens die Pretoriase span se nederlaag van 22-23 teen Scarlets in Wallis. ʼn Tugkomitee van die Verenigde Rugbykampioenskap het die rooikaart egter na geel verander. Dit volg nadat David Kriel se rooikaart wat hy die vorige naweek teen Ospreys gekry het, opgeskort is. Die Bulle speel die naweek hulle derde toer-wedstryd in Treviso teen Benetton.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-58-sent teen die dollar, 19-rand-3-sent teen die euro en 22-rand-83-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-966-dollar-48-sent. Die prys van goud is twee-duisend-735-dollar-15-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-31-sent per vat.
# En ten slotte: Afrika se grootste boottentoonstelling, Boatica Cape Town, word weer dié naweek by die V&A-Waterkant in Kaapstad aangebied. Vanjaar se skou spog met plaaslik-vervaardigde bote wat wêreldwyd gesog is, die jongste boottoerusting, watersportapparate en die modernste seevaarttegnologie. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê Boatica is ‘n hoogtepunt vir die bedryf, want dit is ‘n vertoonstuk vir vernuwing, talent en die vaardighede van bootbouers:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….