Nuus 07:00
BULLETIN 22 Oktober 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die VF Plus kritiseer die ANC omdat hy toelaat dat China Suid-Afrika se buitelandse beleid beïnvloed
# Eskom bevestig daar is geen verlenging vir die bywerking van voorafbetaalde meters nie
# En die Wêreldgesondheidsorganisasie beplan om Palestynse vroue en kinders te ontruim
# Die Vryheidsfront Plus waarsku die ANC se besluit om die ambassade van Taiwan van Pretoria na Johannesburg te verskuif, kan Suid-Afrika se handelsverbintenis van 10-miljard-rand met Taiwan in gevaar stel. Hulle sê die besluit was onder druk van China en veroorsaak werksverliese. VF Plus-leier, Pieter Groenewald, sê dit ondermyn Suid-Afrika se onafhanklikheid en is gedoen sonder raadpleging van ander lede van die regering van nasionale eenheid:
# Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy soek steeds na twee individue wat verbind word met die saak van korrupsie, bedrog en geldwassery van die voormalige uitvoerende hoof van Transnet Group Capital, Herbert Msagala. Dit hou verband met vyf verdagte kontrakte ter waarde van 218-miljoen-rand wat ‘n maatskappy, IGS Consulting Engineers, tussen Januarie 2015 en Desember 2016 van Transnet Group Capital gekry het. Die Hooggeregshof in Johannesburg het in 2019 bevind die kontrakte is onwettig. Msagala is tans uit op borgtog van 60-duisend-rand.
# Eskom het bekendgemaak daar sal geen uitstel wees van die spertyd waarvolgens voorafbetaalde meters teen 24 November bygewerk moet wees nie. Ongeveer 6,9-mijoen meters moet herkodeer word tot sleutel-hersieningnommer twee sodat dit steeds elektrisiteitsbewyse sal aanvaar. Eskom het 97-persent van die meters vooraf gekodeer, wat die bywerkingsingsproses sal vergemaklik. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê meters wat nie voor die sperdatum bygewerk is nie, sal ophou werk:
# Die DA vra ‘n ondersoek na alle ooreenkomste wat Kabelo Gwamanda aangegaan het terwyl hy burgemeester van Johannesburg was. Dit volg nadat hy in hegtenis geneem is vir sy beweerde betrokkenheid by ‘n bedrieglike begrafnispolis-skema. Die party sê dit bewys die DA se vroeëre bekommernisse oor Gwamanda se leierskap, en beskuldig die ANC dat hy hom steun ondanks die bewerings van bedrog. DA-woordvoerder Belinda Kayser-Echeozonjoku glo die regsproses moet sonder inmenging voortgaan terwyl die slagoffers geregtigheid verdien:
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy wil tot ʼn duisend Palestynse vroue en kinders deur Israel na lande in die Europese Unie stuur. Dit is deel van voortgesette planne om individue vir lewensbelangrike behandeling na derde lande te stuur. Die WGO in Europa het sedert die begin van die Israel/Hamas-oorlog in Oktober verlede jaar reeds 600 mediese ontruimings van Gaza na sewe Europese lande moontlik gemaak. Die WGO sê hy vra lankal vir ʼn skietstilstand.
# Krieket: Engeland se witbal-kaptein, Jos Buttler, gaan die komende internasionale eendagreeks teen die Wes-Indiese Eilande misloop ná ʼn terugslag met sy kuitbesering. Hy het sedert die T20-wêreldbeker in Junie nog nie weer aan ʼn mededingende kompetisie deelgeneem nie. Buttler sal in Barbados by die groep aansluit en hoop om in die T20-reeks van vyf wedstryde te speel. Die veelsydige Liam Livingstone sal die span in Buttler se afwesigheid aanvoer, terwyl die nuweling paaltjiewagter en kolwer, Michael Pepper, by die eendaggroep aangesluit het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-60-sent teen die dollar, 19-rand-5-sent teen die euro en 22 -rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-622-dollar-6-sent. Die prys van goud is twee-duisend-730-dollar-15-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 74-dollar-1-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….