Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 21 Oktober 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Suid-Afrika het reeds meer as sewe-duisend-megawatt hernubare energie wat met die netwerk verbind is, en meer as 20-gigawatt wat nog bygevoeg sal word. So sê die direkteur-generaal van Minerale Hulpbronne en Energie, Jacob Mbele. Die toename in hernubare energievermoë-byvoegings het verlede jaar die hoogste persentasie ooit van 33-persent bereik. Dit het ook die meeste byvoegings in Afrika suid van die Sahara gehad, met byna 40-persent van die streek se nuwe vermoë. Mbele sê die land moet voortgaan om natuurlike bronne te ontgin, te ontwikkel en voort te bring.
# Klimaatskenners glo die bio-ekonomie kan aansienlik bydra tot klimaatsweerstandige ontwikkeling in Afrika en wyer. Met die Globale Bio-ekonomiespitsberaad wat dié week begin, sal besprekings uitlig hoe Afrika se ryk bioverskeidenheid gebruik kan word deur volhoubare bio-ekonomiese strategieë om klimaatsverandering aan te pak. Die voorsitter van die Tussenregeringsplatform oor Bioverskeidenheid en Ekostelseldienste, David Obura, onderstreep die dringende behoefte aan die harmonisering van die klimaat en bioverskeidenheidsoplossings.
# En ten slotte: Wêreldleiers en verteenwoordigers van byna 200 lande kom die volgende twee weke in Colombia byeen vir die Verenigde Nasies se Bioverskeidenheidsberaad, bekend as COP16. Vanjaar se spitsberaad sal vordering hersien ná die instelling van die bioverskeidenheidsplan waaroor in Desember 2022 op COP15 in Kanada ooreengekom is. Die plan sluit in besliste maatreëls om 30-persent van die planeet en 30-persent van ekostelsels wat agteruitgegaan het, teen 2030 onder beskerming te plaas. Eva Zabey van Business for Nature beklemtoon die behoefte aan doeltreffende instelling en monitering van hierdie twee verpligtinge:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….