Nuus 11:00
BULLETIN 20 Oktober 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Oos-Kaapse Gemeenskapsveiligheids-LUR veroordeel die dodelike skietery op vyf familielede in Bityi
# COSATU verwelkom minister Mantashe se voorneme om die Wysigingswetsontwerp op Myngesondheid en -veiligheid in die Parlement ter tafel te lê
# En, motorsport: Verstappen wen die snelren by die Amerikaanse Grand Prix, maar Norris spring voor weg in vandag se wedren
# Die Oos-Kaapse LUR vir Vervoer en Gemeenskapsveiligheid, Xolile Nqatha, het Vrydagnag se dodelike skietery op vyf familielede in Bityi buite Mthatha sterk veroordeel. Die woordvoerder van die departement, Makhaya Komisa, sê die familie het in twee verskillende huise op ‘n erf geslaap toe twee onbekende mans opgedaag en hulle doodgeskiet het. Hy sê twee mans en drie vroue is dood, terwyl die twee gewonde kinders in ‘n nabygeleë hospitaal opgeneem is vir behandeling:
# Cosatu verwelkom die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, se aankondiging om die Wysigingswetsontwerp op Myngesondheid en -veiligheid in die Parlement ter tafel te lê. Matthew Parks van Cosatu sê sleutelvoorsienings in die wetsontwerp wil die veiligheid van mynwerkers verbeter, en seker maak alle werkgewers word aanspreeklik gehou om ‘n veilige werksomgewing te voorsien. Hy sê die federasie en NUM het uitvoerig deelgeneem aan die opstel van die progressiewe wetsontwerp by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad:
# Die GOOD-party in Tshwane sê die vermoë van die nuwe uitvoerende leiers om saam te werk is noodsaaklik om bestendigheid in die hoofstad te bring, dienslewering te verbeter en finansiële herstel vol te hou. Sarah Mabotsa van die GOOD-party sê hulle sal in die nuwe Tshwane-burgemeesterskomitee werk om seker te maak hulle gee die stad nuwe lewe tot voordeel van alle inwoners:
# Regters wat oproeriges gestraf het vir die onluste van 6 Januarie 2021 vrees die land kan met nog politieke geweld te doen kry. Hulle sê Donald Trump versprei dieselfde soort samesweringsteorieë en die politieke klimaat is reg vir nog ‘n aanval soos die een waarin meer as 100 polisiebeamptes beseer is. Trump ontken steeds enige verantwoordelikheid vir die misdade van sy ondersteuners. Hy beloof in plaas daarvan om die oproeriges te vergewe sou hy in November wen. Meer as een-duisend mense is skuldig bevind en gevonnis vir misdade wat met die opstand verband hou.
# En, motorsport: Max Verstappen van Red Bull het Saterdag die Amerikaanse Grand Prix-snelren op Austin gewen met Carlos Sainz van Ferrari tweede. Verstappen het sy voorsprong oor sy titeluitdager Lando Norris met twee punte vergroot tot 54. Dit was Verstappen se eerste oorwinning van enige aard sedert sy snelren-sege by die Oostenrykse Grand Prix in Junie. Norris het egter spoed en druk van Verstappen weerstaan en die voorste wegspringposisie ingepalm vir vandag se Grand Prix. Dit is sy vierde voorste plek in vyf wedrenne. Verstappen het tweede gekwalifiseer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….