Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 Oktober 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Beleggingsvertroue in Suid-Afrika is aan die verbeter
# Rugby: Die All Blacks se afrigter verwag interessante wedstryde teen spanne uit die Noordelike Halfronde
# En Suid-Afrikaners maak byna 40-persent van die wêreld se teen-MIV-pilgebruikers uit
# Die Suider-Afrika en Indiese Oseaan – Frankryk Sakeforum het onthul die totstandkoming van die regering van nasionale eenheid versnel hervormings, lok buitelandse beleggings en gee ekonomiese vertroue ‘n hupstoot. Die Franse ambassadeur, David Martinon, het op die forum gepraat oor bestendigheid en vennootskappe wat die afgelope vier jaar beleggings van 100 miljard-rand van Franse ondernemings aangespoor het. Dit sluit beleggingsgeleenthede in energie, vervaardiging en die spoorwegsektor in. Hy het die potensiaal vir verdere sakegroei en werkskepping beklemtoon.
# Action Society pleit vir onmiddellike optrede aangesien vertragings met forensiese verslae duisende strafregtelike sake ophou. Die polisie se forensiese laboratoriums het te kampe met ‘n agterstand en slegs ʼn klein persentasie roetinesake word betyds verwerk. Action Society se woordvoerder, Juanita du Preez, sê hierdie vertragings beïnvloed veral sake oor geslagsgeweld en ander ernstige misdade soos verkragting en moord wat in die hof vashaak:
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê hy maak goeie vordering om onkologiedienste te verbeter, veral vir pasiënte wat radioterapie moet kry. Woordvoerder Motalatale Modiba sê talle belangrike ingrypings is ingestel om die toegang tot en gehalte van kankerbehandeling te bevorder. Hy sê die departement het die proses om radioterapiedienste aan privaat verskaffers uit te kontrakteer, afgehandel en 260-miljoen-rand is daarvoor begroot oor 24 maande:
# Rugby: Die hoofafrigter van die All Blacks, Scott Robertson, sê die volgende ses weke behoort hom ‘n goeie idee van die span te gee nadat hy die moeilike skedule vir sy eerste jaareindtoer met hulle onder oë gehad het. Nieu-Seeland speel die 26ste van dié maand teen Japan in Yokohama, gevolg deur toetse teen Engeland, Ierland, Frankryk en Italië in Europa. Die span het vandag na Japan vertrek. Volgens Robertson het die rugby-gaping tussen die Suidelike en Noordelike Halfrondes verklein en dit gaan interessante kragmetings oplewer.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-72-sent teen die dollar, 19-rand-25-sent teen die euro en 23-rand-7-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-953-dollar-66-sent. Die prys van goud is twee-duisend-672-dollar-83-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-23-sent per vat.
# En ten slotte: Byna 40-persent van antiretrovirale middel-verbruikers woon in Suid-Afrika. Volgens die Gesondheidsdepartement se syfers het 1,65-miljoen MIV-negatiewe mense in Augustus verlede jaar die pil minstens een keer gebruik. Dit maak Suid-Afrika se program die grootste wêreldwyd, aangesien dit ‘n reuse persentasie van die 3,5-miljoen gebruikers wêreldwyd verteenwoordig. Hierdie pil maak ‘n aansienlike verskil aan die gevaar om MIV deur seks op te doen. Die land beoog om nuwe besmettings van 150-duisend in 2023 tot 105-duisend teen 2025 te verminder ingevolge UNAids se teikens.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….