Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 16 Oktober 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC se gewese woordvoerder, sy vrou en medebeskuldigdes word borgtog toegestaan in ‘n korrupsiesaak
# Die regering van nasionale eenheid hou sy eerste beleids-konflikoplossings-vergadering
# En, rugby: Goeie nuus vir die Bulle nadat David Kriel se rooikaart geskrap is
# ‘n Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee en voormalige nasionale woordvoerder, Pule Mabe, sy vrou en vyf ander is borgtog van 30-duisend-rand elk toegestaan in die Landdroshof in Palm Ridge, Gauteng. Hulle word beskuldig van korrupsie oor ‘n tender ter waarde van 27-miljoen-rand wat in 2017 aan Mabe se onderneming, Enviro Mobi, toegeken is vir tuk-tuks wat 58 afvalverwyderaars in die stad Ekurhuleni moes bevoordeel. Die Spesiale Ondersoekeenheid het wanvoorstellings in die tenderproses ontdek. Die regter het die saak uitgestel tot 25 Maart volgende jaar.
# Adjunkpresident Paul Mashatile gaan vanaand die eerste vergadering van die regering van nasionale eenheid se konflikoplossingmeganisme byeenroep. Die tien partye in die koalisieregering, insluitend die ANC en die DA, poog om beleidsgeskille en geskille binne die eenheidsregering op te los. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, het op ‘n nuuskonferensie gesê die meganisme sal belyning oor sleutelprioriteite soos werkskepping, armoedeverligting en die bou van ‘n etiese staat verseker, terwyl die kabinet se finale besluite gerespekteer word:
# AfriForum Jeug eis ‘n verskoning van die Universiteit van Pretoria na die EFF-leier, Julius Malema, se toespraak, waar EFF-studentebevel-lede glo gewelddadige en rassistiese slagspreuke gesing het. AfriForum Jeug het die universiteit gekritiseer omdat hy die geleentheid toegelaat het en sê dit is teen sy beleid oor inklusiwiteit en nie-diskriminasie. Maree van den Berg van die organisasie het ook gevra vir die deregistrasie van die EFF-studente-bevel, met verwysing na herhaalde kampusveiligheidsoortredings:
# ’n Regter in die Amerikaanse deelstaat, Georgia, het ’n bevel omgekeer dat stembriewe in die presidentsverkiesing per hand getel moet word. Regter Robert McBurney het beslis dat stemlokaalwerkers nie voldoende opgelei sou wees om miljoene stembriewe te hanteer nie. So ‘n wysiging sou tot administratiewe chaos lei. Die meerderheid op die verkiesingsraad in Georgia is pro-Trump en het vroeër die mandaat om per hand te tel, aanvaar. Die Demokratiese kandidaat, Kamala Harris, het die uitspraak verwelkom. Vroeë stemmery in Georgia toon rekordgetalle kiesers in die belangrike swaaistaat.
# Rugby: Die senter van die Bulle, David Kriel, se rooikaart is na ʼn dissiplinêre verhoor geskrap. Hy is Saterdag gedurende die Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen Ospreys in Wallis afgestuur. Die paneel het na Kriel se verhoor beslis daar was genoeg versagting vir die voorval in die 49ste minuut om die kaart terug te trek. Hy kan dus onmiddellik gekies word vir die Bulle se tweede wedstryd van hulle Europese toer van drie wedstryde. Die Bulle speel Vrydagaand 8:35 teen Scarlets.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-61-sent teen die dollar, 19-rand-18-sent teen die euro en 22-rand-93-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-967-dollar-28-sent. Die prys van goud is twee-duisend-678-dollar-92-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-5-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….