Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 16 Oktober 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Franse maatskappye vergroot hulle beleggings in Suid-Afrika
# Die vasstelling van Mapisa-Nqakula se korrupsieverhoordatum word uitgestel tot Desember
# En, sokker: Alex Ferguson gaan sy Manchester United-rol aan die einde van die seisoen ontruim
# Franse maatskappye vergroot hulle beleggings in Suid-Afrika aansienlik. Die Franse ambassadeur, David Martinon, het op die Franse Sakeforum in Johannesburg verwys na die finansiële reguleringsraamwerk van Suid-Afrika asook politieke bestendigheid, en sê dit is daarom ‘n aantreklike bestemming vir internasionale beleggers. Hy sê die forum het ʼn platform vir Franse maatskappye geskep om met plaaslike ondernemings in gesprek te tree, wat ekonomiese bande tussen die twee lande verder versterk:
# Die bepaling van ʼn hofdatum vir die korrupsieverhoor van die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, is deur die Hooggeregshof in Pretoria tot 5 Desember uitgestel. Haar verdedigingspan het toegang tot gedeeltes van die dossier versoek. Sy word daarvan beskuldig dat sy miljoene rand aan omkoopgeld gevra het terwyl sy minister van Verdediging was. Staatsaanklaer Bheki Manyathi het tydlyne versoek om verdere vertragings te voorkom:
# Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika het aangekondig die treindienste in die Wes-Kaap is oor alle spoorlyne ten volle herstel, en is nou 90-persent in werking. Onlangse ontwrigtings, insluitend die verlies aan krag op die Noordelike Spoorlyn en ‘n sinjaal-onderbreking by Bellville, is opgelos. Prasa se streekwoordvoerder, Zino Mihi, moedig die gemeenskap aan om opsetlike beskadiging aan te meld en betroubare spoordienste te help handhaaf:
# ‘n Nuwe voorstel om bystanddood in Engeland en Wallis te wettig, word vandag in die Britse Parlement bekendgestel. Senior kerkleiers en teenstanders is bekommerd oor die uitwerking van terminaal siekes wat toegelaat word om op hul eie voorwaardes te sterf. Besonderhede van die Wetsontwerp op Terminaal Siek Volwassenes is nog nie gepubliseer nie, maar The Times berig indien dit aanvaar word, sal ‘n pasiënt se wens om te sterf, waarskynlik afgeteken moet word deur ‘n regter en twee dokters. Dit sal beperk word tot mense met ses- tot 12-maande om te leef.
# Sokker: Die voormalige bestuurder van Manchester United, Alex Ferguson, sal sy rol by die Engelse reuse aan die einde van die seisoen ontruim. Hy was sedert sy uittrede in 2013 die klub se wêreldwye ambassadeur en direkteur, nadat hy die span tot 13 titels in die Premierliga en ander toekennings gevoer het. Die 80-jarige Ferguson is volgens berigte multi-miljoen-pond betaal in sy nuwe rol maar mede-eienaar, Jim Ratcliffe, probeer kostes besnoei nadat hy reeds 250 personeellede afgelê het. United het verlede maand ʼn netto verlies van 2,6-miljard-rand bekendgemaak.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-57-sent teen die dollar, 19-rand-14-sent teen die euro en 22-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-803-dollar-50-sent. Die prys van goud is twee-duisend-675-dollar-67-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 73-dollar-86-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….