Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 16 Oktober 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Europese Kommissie sê hy het ambisieuse onderhandelingsmandate verseker vir volgende maand se COP29-klimaatskonferensie in Riaad, Saoedi-Arabië. Die konferensie gee wêreldleiers toegang tot wêreldwye pogings om die Paryse Ooreenkoms te bevorder en aardverwarming tot 1,5-grade Celsius te beperk. Die kommissie sê die verwoestende uitwerking van die klimaatskrisis was nog nooit meer sigbaar nie en die wêreld se reaksie daarop nooit noodsaakliker nie. Hy sê COP29 moet ‘n ambisieuse uitkoms bereik wat verlede jaar se ondernemings in Dubai betref.
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê die departement het aansienlike vordering gemaak met die instelling van die Wet op Klimaatsverandering. Die wetgewing, wat president Cyril Ramaphosa in Julie bekragtig het, is ontwerp om Suid-Afrika se reaksie op klimaatsverandering te definieer, bestuur, monitor en in werking te stel. George sê die departement ontwikkel ‘n volledige program vir die uitrol en instelling van die wet, wat deelname insluit aan die vergaderings van die Presidensiële Klimaatsveranderings-kommissie.
# En ten slotte: Die Universiteit van die Wes-Kaap sê die Ukwanda Puppets and Designs Art Collective sal prototipes skep van 600 lewensgrootte dierepoppe. Die marionette sal migreer van Kinshasa in die Demokratiese Republiek die Kongo tot by die Arktiese sirkel om aandag te vestig op die klimaatskrisis. Afrika is die kwesbaarste vasteland vir die uitwerking van klimaatsverandering. Professor Heidi Grunebaum sê die marionette sal ‘n trop diere uitbeeld wat uit hulle natuurlike habitat gedwing is weens aardverwarming:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….