Nuus 09:00
BULLETIN 16 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Shamila Batohi wil meer steun van die Parlement hê
# Minister Groenewald haal die agterstand op paroolaansoeke in
# En ‘n rekordgetal vroeë kiesers maak hul opwagting in Georgia in die VSA
# Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, Shamila Batohi, sê daar was geen onderbreking in die Nasionale Vervolgingsgesag se werk nie, en bevestig die instelling werk onafhanklik. Sy was gister deel van die Instituut vir Sekerheidstudies se webinaar om die NVG toekomsbestand te maak. Batohi sê finansiële en operasionele onbehoorlikhede het die leierskap van die NVG ondermyn. Sy sê sy voel dat sy nie steun deur die Parlement se portefeuljekomitee oor Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling ontvang nie:
# Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, het 23 paroolaansoeke goedgekeur en een saak van dagparool toegestaan. Onder dié wat parool gekry het is drie buitelandse burgers wat lewensvonnisse uitgedien het – twee van Mosambiek en een van Zimbabwe. Hulle sal na hulle onderskeie lande deporteer word. Die departement sê die oorgeërfde paroolagterstand van 495 sake en 104 nuwe sake is afgehandel. Die Parlement het verlede maand gevra vir die opknapping van die land se paroolstelsel, veral mediese parool.
# Die DA in Gauteng sê hy gaan bewerings van wydverspreide korrupsie in die provinsiale Departement van Onderwys na die Staatsdienskommissie verwys. Amptenare van die departement word beskuldig van korrupsie, waaronder vra vir, en aanvaar van, omkoopgeld om die tenderproses te manipuleer. Sergio Isa Dos Santos van die DA sê hulle wil weet of ‘n ondersoek ingestel is oor die bewerings van korrupsie in die toeken van die drie-miljard-rand Skool-voedingsprogramtender:
# Die Amerikaanse staat Georgia het ‘n rekordgetal van meer as 300-duisend kiesers aangeteken wat gister hul kruisies getrek het. Dit is 123-persent hoër as die vorige rekord op ʼn eerste stemdag. Groot getalle vroeë kiesers dui gewoonlik op steun vir die Demokrate. Werkers by die staat se ses-duisend-500 kieslokale sal eers teen die aand van stemdag op 5 November begin stemme stel. Georgia, met sy 16 kieskollege-stemme, is een van sewe state waar die uitslag enige kant toe kan gaan.
# Sokker: Die voormalige Chelsea-baas Thomas Tuchel het na wat berig word ingestem om Engeland se nuwe bestuurder te word. Die 51-jarige sal Gareth Southgate opvolg, wat bedank het na die Europese Kampioenskap in Julie, waar Engeland in die eindstryd met twee-een geklop is deur Spanje. Die Duitser sal die derde nie-Engelsman word wat die pos beklee na Sven-Goran Eriksson en Fabio Capello. Tuchel se hoofteiken sal wees om Engeland te lei deur die kwalifisering vir die 2026 Wêreldbeker wat in Amerika, Kanada en Meksiko gespeel sal word.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-61-sent teen die dollar, 19-rand-18-sent teen die euro en 23-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-109-dollar-60-sent. Die prys van goud is twee-duisend-667-dollar-50-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 74-dollar-43-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….