Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 14 Oktober 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Plastiekkorrelbesoedeling gaan erger word soos die vervaardiging van plastiek en hergebruik toeneem. Dit blyk uit ‘n verslag opgestel deur kundiges van Oracle Environmental. Die verslag gaan die plastiekkorrel-voorsieningsketting na, ken bekende besoedelingsgebiede uit en gee bygewerkte beramings van die aantal plastiekkorrels wat verlore gaan vir die globale omgewing. Altesaam ongeveer 41 groot besoedelingsgebiede is aangetref. Die kenners vra ‘n sterk Globale Plastiekverdrag, veiliger berging en ‘n wetlike voorsieningskettingbenadering om te verseker dat korrelverlies verhoed word.
# Hoë somertemperature, voortslepende droogtes en onvoorspelbare reënpatrone het ‘n ernstige uitwerking op die wêreld se wingerde. Dit is volgens die Robb-verslag. Wynmakers verander nou die manier waarop hulle met druiwe boer en hulle wynkelders bestuur. Dit wissel van die herontdekking van tradisionele wingerdboukundige tegnieke tot moderne tegnologie. Planeta, wat wynkelders in Noto, Capo Milazzo en Etna in Italië besit, het sy wingerde na hoërliggende gebiede en nader aan woude verskuif om die bedreiging van uitgerekte hittegolwe te bekamp.
# En die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê die Mogale City-munisipaliteit is die jongste sondaar wat groot hoeveelhede rou riool in grondwater, sytakke en riviere stort. Die party, vergesel van omgewingsbewaarders, het tydens ʼn oorsigbesoek bevind dat die Flip Human- en die Percy Stewart-rioolaanlegte nie behoorlik funksioneer nie. Jaco Mulder van die VF Plus sê rou riool word in die Blaauwbank- en Rietspruit-sytakke gestort wat na die Vaal- en die Krokodilrivier vloei, en eindig uiteindelik in die Hartebeespoortdam:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….