Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 14 Oktober 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig president Cyril Ramaphosa gaan die week besin oor die eerste 100 dae van die regering van nasionale eenheid, maar die politieke landskap sal oorheers word deur die afsterwe van die voormalige minister van Finansies en president van die Reserwebank, Tito Mboweni. Hy het ‘n sleutelrol gespeel in die leierskap van die party se ekonomiese beleidseenheid.
GAUTENG:
# Beeld:
Berig breedvoerig oor die afsterwe van Mboweni en deel die boodskappe van verskillende politieke partye en kenners oor sy reusebydrae tot Suid-Afrika se demokrasie.
Tweedens skryf die koerant Rand Water het ernstige probleme met die lae watervlakke wat orals in Gauteng voorkom.
En laastens is daar berigte oor verskeie kragmetings in die Verenigde Rugbykampioenskap wat die naweek plaasgevind het.
# The Star & Pretoria News:
Berig ‘n sesde kind is dood nadat kinders vroeër na bewering besmette kos by ‘n spaza-winkel in Naledi gekoop het.
En skryf tweedens ook oor hulde uit talle oorde vir Mboweni en die waterkrisis in Gauteng.
# Sowetan:
Berig die Stad Johannesburg wil ‘n krisis afweer en het ‘n beroep op inwoners gedoen om dringend water te bespaar. Rand Water waarsku dat krane kan opdroog want die watervoorsieningstatusverslag toon sommige reservoirs se vlakke het die afgelope week vinnig gedaal.
# En The Citizen:
Skryf ‘n paaie-kontrakteur beweer hy het duur Duitse motors vir die Vrystaatse premier, Maqueen Letsoha-Mathae en haar man Lawrence gegee asook ‘n miljoen-rand aan die ANC Vroueliga, maar nog nooit weer van hulle gehoor nie. Die premier ontken die bewerings.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Berig ‘n leerder en afrigter van die Hoërskool SA van Wyk in Bergsig, Springbok, in die Noord-Kaap het in ‘n ongeluk omgekom en nog drie leerders is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Die ongeluk het Saterdag tussen Nababeep en O’Kiep plaasgevind.
Tweedens skryf die koerant die Brink-gesin van Kanoneiland het met hulle twee kleuters en honde uit hul huis ontsnap nadat ‘n brand uitgebreek het.
En laastens word berig die 17-jarige leerder van Eunice High School for Girls, Bianca Rees-Gibbs sterk goed aan nadat sy ‘n beroerte op die hokkieveld gehad het.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig ook oor die hulde aan Mboweni en die afrigter en leerder van Springbok wat verongeluk het.
# En Cape Times:
Skryf die Valke wil toeslaan op transitorowers.
En berig Mboweni het daad by woord gevoeg.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig ten minste vyf moorde op lede van die LGBTQIA+-gemeenskap die afgelope twee maande in Nelson Mandelabaai het aktiviste genoop om vinnige en deeglike ondersoeke te eis.
En tweedens skryf die koerant huldeblyke stroom in ná die dood van Mboweni. Hy word onthou vir sy skerp fokus op fiskale dissipline, ekonomiese transformasie en kulinêre vaardighede.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf daar is ‘n dringede beroep vir ‘n vroeë strafpuntstelsel na Vrydag se gru-ongeluk in KwaZulu-Natal.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig sommige landelike inwoners kla hul sogenaamde ordentlike huise sluit hulle uit van die staat se droogtehulpprogram.
En tweedens skryf die koerant miljoene vroue en meisies suid van die Sahara staar katastrofiese vlakke van geslagsgeweld in die gesig, omdat geen vordering met die klimaatkrisis gemaak word nie.