Nuus 09:00
BULLETIN 13 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC sê Mboweni sal onthou word vir sy onwrikbare verbintenis tot die mense wat hy gedien het
# Ramaphosa betreur die afsterwe van die voormalige minister Tito Mboweni
# En, krieket: ‘n Maklike oorwinning vir Proteas in Vroue T20 Wêreldbeker teen Bangladesj
# Die ANC sê die voormalige minister van Finansies Tito Mboweni sal onthou word, nie net vir sy omvangryke bydrae tot die ekonomie nie, maar ook vir sy onwrikbare verbintenis tot die mense wat hy gedien het. Mboweni is gisteraand na ‘n kort siekbed in ‘n Johannesburgse hospitaal oorlede. Die woordvoerder van die ANC, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê kameraad Tito se briljantheid het grootliks bygedra tot die ekonomiese debatte wat die oorgang na die demokrasie gevorm het, wat hom een van die vertroude stemme van rede binne die ANC gemaak het:
President Cyril Ramaphosa het intussen sy droefheid uitgespreek oor die afsterwe van Mboweni. Die woordvoerder van die president, Vincent Magwenya, sê Mboweni was demokratiese Suid-Afrika se eerste Arbeidsminister van 1994 tot 1999 in die Kabinet van president Nelson Mandela. Hy sê Mboweni het vir ‘n dekade gedien as die President van die Reserwebank vanaf 1999:
# Die VN-tussentydse mag in Libanon, UNIFIL, sê ‘n vyfde Verenigde Nasies-vredesmaglid is gister in Naqoura, Libanon, in geweervuur gewond. Die oorsprong van die aanval is nie bekend nie en die vredesmaglid is bestendig na ‘n operasie. Dit volg nadat wêreldleiers aanvalle op UNIFIL-personeel deur Israelse magte in die suide van Libanon veroordeel het, na die tweede voorval binne twee dae. Die Israelse weermag het Vrydag gesê sy troepe was verantwoordelik vir ‘n voorval waarin twee soldate van Sri Lanka vir UNIFIL gewond is.
# Krieket: Die Proteas het gister maklik ‘n sewe-paaltjie oorwinning in hulle T20 Wêreldbekerwedstryd teen Bangladesj in die Dubai Internasionale Stadium ingepalm, met nog 16 balle oor. Bangladesj het die loot gewen en gedissiplineerde boulwerkdeur die Proteas het hulle beperk tot 106 vir drie. Die Suid-Afrikaners het die teiken bereik na 17 beurte en twee balle met die Speler van die Wedstryd, Tazmin Brits, wat 42 lopies bygevoeg het van 31 balle af. Die oorwinning plaas die Suid-Afrikaners bo-aan die punteleer in Groep B, bo die Wes-Indies wat nog Dinsdag teen Engeland moet speel.
# En ten slotte: Die Stad Kaapstad se Durbanville-biblioteek vier die eerste jong klant wat een-duisend stories lees. Die Een-Duisend-Stories-Voor-Skool-leesveldtog is net meer as twee jaar aan die gang. Die vyf-jarige Leandri Roodman het die eerste jong deelnemer geword wat die mylpaal van een-duisend stories bereik het. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê kinders is nooit te jonk om by die biblioteek aan te sluit, dit te besoek of blootgestel te word aan boeke nie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….