Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 11 Oktober 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Nobelprys vir Vrede word toegeken aan ‘n Japannese organisasie vir bevordering van wêreldwye kernontwapening
# Die versekerings-moordsaak teen ‘n polisiebeampte van Limpopo word uitgestel vir haar borgtogaansoek
# En, fietsry: Mark Cavendish se laaste wedren gaan in Singapoer wees
# 2024 se Nobelprys vir Vrede is toegeken aan die Japannese organisasie, Nihon Hidankyo, oor sy verteenwoordig van mense wat die atoombomaanval op Hiroshima en Nagasaki oorleef het, ook bekend as Hibakusha. Die Noorweegse Nobelkomitee het die organisasie geprys vir sy pogings om weg te beweeg van kernwapens en kragtige getuienis te deel oor die gevare rondom die gebruik daarvan. Jorgen Watne Frydnes van die Nobelkomitee het op ‘n nuuskonferensie gesê die organisasie word erken vir sy dekade lange veldtog om ‘n wêreld vry van kernwapens te bereik:
# Die saak teen ‘n polisiebeampte van Limpopo wat beskuldig word van die moord op ses mense vir versekeringsuitbetalings, is in die Landdroshof in Polokwane tot volgende Vrydag uitgestel. Die 43-jarige sersant het na bewering meer as tien-miljoen-rand geëis deur middel van lewensversekering van die slagoffers. Mashudu Malabi-Dzhangi van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die staat sal borgtog teenstaan:
# Die voormalige waarnemende burgemeester van Tshwane, Abel Tau, het by Jacob Zuma se MK-party aangesluit. ActionSA het hom vroeër afgedank weens beweerde seksuele wangedrag. Hy is daarvan is beskuldig dat hy by ‘n vriend se vrou aangelê het en het later die United Africans Transformation gestig. Tau sê hy is saam met die MK-party gereed om hom te beywer vir die herstel van Suid-Afrikaners voor 2026 se plaaslike verkiesing:
# Fietsry: Mark Cavendish se laaste beroepswedren sal die tweedaagse Tour de France Criterium op 9 en 10 November in Singapoer wees. Die 39-jarige het nog nie weer deelgeneem sedert hy die Tour de France se rekord vir skofoorwinnings in Julie verbeter het met sy 35ste sege nie. Cavendish het bevestig hy gaan nie weer aan die tydren deelneem nie nadat hy vroeër die maand by Windsor-kasteel tot ridder geslaan is, maar bygevoeg hy sal sy wedrenskedule vir 2024 afhandel. Hy het 165 wedrenne gewen sedert die begin van sy beroepsloopbaan in 2005.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-46-sent teen die dollar, 19-rand-10-sent teen die euro en 22-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-173-dollar-26-sent. Die prys van goud is twee-duisend-637-dollar-56-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 78-dollar-80-sent per vat.
# En ten slotte: President Cyril Ramaphosa het sy innige meegevoel betuig met die dood van oudregter Willem Heath op die ouderdom van 79. Heath het ʼn sleutelrol vervul in Suid-Afrika se stryd teen korrupsie en het in die 1990s aan die hoof gestaan van ʼn kommissie van ondersoek wat gelei het tot die totstandkoming van die Spesiale Ondersoekeenheid, waarvan hy ook die hoof was. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa loof Heath as ʼn pionier in die stryd teen korrupsie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….