Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 Oktober 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Parlemetêre komitees is bemoedig deur Eskom se bedryfsvordering maar bekommerd oor skuld
# RISE Mzansi sê 360-miljoen-rand se oortyd om politici veilig te hou is kommerwekkend
# En, tennis: Richard Gasquet se loopbaan van 22 jaar gaan eindig by die Franse Ope
# Die parlementêre portefeuljekomitees oor Openbare Rekeninge en Toewysings het pogings verwelkom om Eskom reg te ruk, maar bly bekommerd oor die kragverskaffer se finansiële volhoubaarheid. Die twee komitees het ‘n gesamentlike oorsigvergadering by Eskom se hoofkantoor, Megawatt-park in Sandton, gehou. Skoor se voorsitter, Songezo Zibi, sê ʼn oplossing moet gevind word om die 85-miljard-rand wat munisipaliteite aan Eskom skuld, in te vorder:
# RISE Mzansi sê om ministers en adjunkministers veilig te hou word al hoe duurder vir die staat. Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het onthul daar is in die afgelope twee boekjare 360-milljoen-rand betaal aan oortyd vir lede van die BBP-beskermingseenheid. Makashule Gana van RISE Mzansi sê alle lyfwagte eis dieselfde aantal oortyd-ure per maand, wat weens die buitengewone werksure 100-uur is:
# Gauteng verteenwoordig 58-persent van alle voertuigmisdade in die land. Dit is volgens data wat die opspoormaatskappy, Tracker, ingesamel het. Volgens Tracker se voertuigmisdaadsyfers vir Januarie tot Junie maak kapings op nasionale vlak 54-persent van hierdie misdaadvoorvalle uit teenoor die 46-persent van voertuigdiefstal. Duma Ngcobo van Tracker sê in Gauteng is tans meer diefstal- as kapingsvoorvalle en skryf dit toe aan sindikate wat sleutel-lose toegang gebruik om voertuie te steel.
# Tennis: Die wêreld se voormalige nommer sewe, Richard Gasquet, het aangekondig hy gaan volgende jaar ná die Franse Ope uittree. Die 38-jarige Fransman was twee keer ʼn halfeind-deelnemer op Wimbledon en een keer op die Amerikaanse Ope. Hy het in 2016 sy beste vertoning op Roland Garros gelewer toe hy die kwarteindronde gehaal het. Gasquet het in sy loopbaan van 22 jaar 16 ATP-titels opgeraap. Hy sê dit gaan wonderlik wees om voor sy tuisskare af te tree.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-59-sent teen die dollar, 19-rand-22-sent teen die euro en 22-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 60-duisend-799-dollar-43-sent. Die prys van goud is twee-duisend-614-dollar-99-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-50-sent per vat.
# En ten slotte: Oudregter Willem Heath, bekend vir sy pogings teen korrupsie, het in die ouderdom van 79 gesterf. Nelson Mandela het hom in 1995 aangestel as leier van die Heath-kommissie wat korrupsie in die Oos-Kaap ondersoek het. Heath was later tot 2001 die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid. Toe hy die eenheid verlaat, het hy Heath Executive Consultants gestig wat regsadvies gebied het. Heath het oudpresident Jacob Zuma in 2005 raad gegee oor sy wapentransaksie-aanklagte. Hy is internasionaal erken vir sy kundigheid in die bekamping van bedrog en korrupsie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….