Nuus 11:00
BULLETIN 10 Oktober 11 Oktober 11 vmm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sê die hervorming van visums sal beleggings lok
# Vyf-en-dertg leerders van Limpopo word behandel vir vermeende voedselvergiftiging
# En Orkaan Milton veroorsaak chaos in Florida
# President Cyril Ramaphosa sê die afkondiging van hervormings van Suid-Afrika se visumregime in die Staatskoerant is ‘n sleutelstap om internasionale vaardighede en beleggings te lok om toerisme te laat groei en werkgeleenthede te skep. Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het die afstandswerkbesoekersvisum en die nuwe punte-gebaseerde stelsel vir werksvisums bevestig. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê dit verwyder burokratiese rompslomp en is ontwerp om dit makliker te maak vir Suid-Afrikaanse maatskappye en multinasionale groepe om vaardige werkers aan te stel:
# Action Society veroordeel die ondoeltreffendheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens weens tekorte aan personeel en agterstande in forensiese en DNS-verwerking. Volgens die Ouditeur-Generaal se verslag wat aan die Parlement voorgelê is, is speurders oorlaai en word sake vertraag, wat veroorsaak dat baie slagoffers geen geregtigheid ontvang nie. Die verslag het ook swak reaksietye by 10111-inbelsentrums aan die lig gebring, wat die publiek se vertroue in wetstoepassing verder raak. Juanita du Preez van Action Society het die SAPD gekritiseer omdat hulle nie misdade oplos nie en vra dringende hervormings.
# Die Onderwysdepartement in Limpopo ondersoek moontlike voedselvergiftiging by 35 leerders van die Makahlule Primary School. Twee-en-twintig leerders is gister in die hospitaal opgeneem nadat hulle naar geword het. Nog 13 leerders is ook na die hospitaal gehaas nadat hulle van hoofpyn en maagkrampe gekla het. Die departement se woordvoerder, Mosebjane Kgaffe, sê voedselmonsters is geneem om te bepaal of kos van die skool se voedingsprogram moontlik die oorsaak is:
# Talle sterftes is by ʼn ontspanningsoord in St Lucie-distrik aan Florida se ooskus aangemeld nadat Orkaan Milton die land naby Siesta Key bereik het as ʼn gevaarlike kategorie 3-storm. Dit het intussen verswak tot ʼn kategorie 2-storm. Die orkaan het meer as twee-miljoen mense in die staat sonder krag gelaat. St Lucie se polisiehoof, Keith Pearson, het aan ABC News gesê dis in hierdie stadium nie seker hoeveel sterfgevalle daar is nie:
# Sokker: Sheffield United se voormalige verdediger, George Baldock, is op 31-jarige leeftyd dood. Die Griekse burger wat in Engeland gebore is, is in sy huis se swembad in Athene aangetref. Baldock het vroeër vanjaar by die Griekse span, Panathinaikos, aangesluit ná sewe jaar by Sheffield United. Hy het vier keer vir die klub uitgedraf en was Sondag in hulle kragmeting teen Olympiakos wat doelloos geëindig het. Baldock het Griekeland 12 keer internasionaal verteenwoordig.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-61-sent teen die dollar, 19-rand-27-sent teen die euro en 23-rand-4-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-53-dollar-4-sent. Die prys van goud is twee-duisend-610-dollar-59-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 76-dollar-89-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….