Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 9 Oktober 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê Orkaan Milton kan een van die ergste storms wees wat Florida die afgelope eeu tref. Die orkaan wat as kategorie vier geklassifiseer is, sal na verwagting lewensgevaarlike toestande in dele van die staat veroorsaak wanneer dit vandag aanland. Die storm volg minder as twee weke ná Orkaan Helene waarin minstens 225 mense reg oor Florida, Georgia, Suid-Carolina, Tennessee, Virginia en Noord-Carolina dood is. Biden sê diegene in die storm se pad moet onmiddellik ontruim:
# Die Wêreldklimaatorganisasie sê die kombinasie van langdurige droogtes en vernietigende oorstromings in 2023 kan toegeskryf word aan die klimaatskrisis en die natuurlike voorkoms van die La Niña– na El Niño-oorgang. Volgens die organisasie se verslag oor die Stand van Wêreldwye Waterbronne was verlede jaar die droogste vir riviere wêreldwyd in 30 jaar, terwyl gletsers die grootste massaverlies in 50 jaar ervaar het. Die sekretaris-generaal van die organisasie, Celeste Saulo, sê die ys en gletsers wat smelt bedreig langtermyn watersekerheid vir miljoene mense.
# En ten slotte: Zero Carbon Charge het ‘n ontwikkeling van 11,4-miljard-rand in die Oos-Kaap bekendgestel om vir elektriese voertuie laaistasies op te rig wat nie deur die kragnetwerk werk nie. Dis deel van ʼn projek om nasionaal 120 sulke laaistasies op te rig vir elektriese passasiersmotors en ligte handelsvoertuie. Zero Carbon Charge se woordvoerder, Joubert Roux, sê dis ʼn groot mylpaal in Suid-Afrika se pogings om ʼn volhoubare vervoernetwerk te bou wat vrystellings verminder:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….